Hoe meer haas . . . hoe minder wortels!. Pieter van der LugtЧитать онлайн книгу.
on>
Pieter van der Lugt
Illustrasies deur Maja Sereda
Tafelberg
Vir Joshua Arthur
Klop, klop.
Wie’s daar?
Mossie.
Mossie wie?
Mossie nodig om die deur te sluit nie.
Klop, klop.
Wie’s daar?
Slaai.
Slaai wie?
Slaai hond my byt?
Klop, klop.
Wie’s daar?
Willie.
Willie wie?
Willie sê nie.
Klop, klop.
Wie’s daar?
Komeet.
Komeet wie?
Komeet voordat die kos koud word.
Klop, klop.
Wie’s daar?
Weet nie, maar ek is hier.
Klop, klop.
Wie’s daar?
Pakkie.
Pakkie wie?
Pakkie speelgoed weg, jy het kuiermense.
Klop, klop.
Wie’s daar?
Hokkie.
Hokkie wie?
Hokkie lekker om hier buite te staan nie.
Klop, klop.
Wie’s daar?
Daar’s hoendersop.
Daar’s hoendersop wie?
Daar’s hoendersop jou dak.
Klop, klop.
Wie’s daar?
Dawie.
Dawie wie?
Nee, dis net Dawie.
Hoe kry daardie bakker dit reg om sulke lekker brood te bak?
Hy is baie deeglik.
Wat het die koei vir die bak room gesê?
Jy dink jy’s kaas, nè?
Wat eet ’n seep wat verjaar?
Sponskoek.
Wat is die onvriendelikste soort vrug?
’n Suurlemoen.
Watter vrug kry die gouste seer?
’n Pynappel.
Watter soort neut kry maklik verkoue?
’n Kasjoe!
Hoe het die sjef gevoel toe sy pasta opraak?
Noedelloos!
Wat het die mes vir die groente gesê?
Julle gaan in die sop beland.
Hoekom wil jy in ’n spookhuis slaap?
Ek wil ’n bietjie gees vang.
Wat is vampiere se geliefkoosde troeteldier?
’n Bloedhond.
Hoekom is spoke slegte leuenaars?
Omdat hulle so deursigtig is.
Van watter ete hou vampiere die meeste?
Ontbyt.
Hoekom wil jy nie met Dracula vriende wees nie?
Hy’s ’n pyn in die nek.
Wat het van my besem geword?
Hy het gou ’n heks gaan oplaai.
Конец ознакомительного фрагмента.
Текст предоставлен ООО «ЛитРес».
Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.
Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.