Spoor. Deon MeyerЧитать онлайн книгу.
Tegnikus sukkel met die fyn draadwerk.
“Dammit,” sê die tegnikus.
“Connect the TV cable now. We can connect the microphone tomorrow.”
“I’ll make it.”
“Do it.”
“Roger.”
Die tegnikus maak die TV-kabel vas.
Handlanger kom staan onder die eerste leer, reg om dit te gryp.
“TV connected.”
Quinn kyk na die stophorlosie. Rayan is nog minstens ’n minuut weg van die hoek af.
“You have 30 seconds.” Hy besluit om die onderskepspan in die bakkie op bystand te plaas. “Interceptor team, start your engine.”
“Roger.”
Die tegnikus werk weer aan die koppeling van die mikrofoon se draadjies.
“Twenty seconds.”
Quinn kyk na die linkermonitor. Hy sal die Elantra om die hoek kan sien kom.
“Ten seconds.”
“Damn, damn, damn.”
“Nine, eight, seven, interceptor team, stand by …”
“Roger.”
“Connected,” roep die tegnikus met groot verligting.
“Get the fuck out of there!” Quinn kan nie die spanning uit sy stem hou nie.
Tegnikus gly teen die leer af. Handlanger gryp die leer. Hulle draf na die paneelwa toe, skuif die leer in, slaan die deur toe. Loop na die kajuit.
“Close the gate,” sê Quinn skerp. Die tegnikus hardloop.
“Don’t run!”
Loop. Maak die hekkie toe. Loop terug paneelwa toe. Klim in.
Tyd is verby. Paneelwa ry.
Tien sekondes later kom Rayan om die hoek.
Quinn sluk, sit terug in sy stoel. Vee sy hande aan sy broek af.
“Interceptor team, stand down. Gentlemen, that was magnificent. Please test the microphone.”
Vir die eerste keer, die stem van die vroulike operateur in nommer 16A. “Microphone is a go.”
“Well done,” sê Quinn. “Very well done.”
Hy skakel sy kopstukmikrofoon af. Sodat hy sy asem kan uitblaas.
12
Fotostatiese rekord: Dagboek van Milla Strachan
Inskrywingsdatum: 9 September 2009
Jessica het my genooi vir ete. Sy is so ’n enigma, sy lyk asof sy ’n model kon gewees het.
Hoogtepunt van die dag: die tango. Ek het gesukkel, toe sê mnr. Soderstrom die tango is vier bene, twee lywe, een hart. “Most dances,” het hy iemand aangehaal, “are for people who are falling in love. The tango is a dance for those who have survived it, and are still a little angry about having their hearts so mishandled.”
Toe verstaan ek.
* * *
(10 September 2009. Donderdag.)
Hulle staan met strak gesigte en kyk na die TV-skerm. Rajkumar is die enigste een wat sit. Quinn en Tau Masilo staan.
Hulle sien op die videovoer hoe die lede van die Supreme Committee binne minute van mekaar aankom – Suleiman Dolly heel laaste – en by die voordeur van Chamberlainstraat 15 ingaan.
Hulle hoor, deur die EAM in die satellietskottel se voetstuk, hoe die mans gesels. Die klank is hol en onduidelik, dit sal later met programmatuur deur Rajkumar se span gesuiwer word. Maar dit is goed genoeg om te hoor hoe die ekstremiste mekaar groet, hoe hulle daar binne in die huis lighartig na wedersydse welstand uitvra.
“Kom. Die agenda is kort vanoggend.” Vermoedelik Suleiman Dolly se stem oor die stelsel, en die drie waarnemers se ore spits en hulle hoop vlam op.
“Te verstane, Shaykh,” sê ’n ander komiteelid.
“Hoekom het ons nog niks gehoor nie? Ons tyd is op,” sê nog een.
Tau Masilo is die enigste een wat dink hoe vreemd dit is om na ’n Moslem-sameswering in Afrikaans te luister. Dit gee die hele ding ’n sekere ongeloofwaardigheid, asof dit swak TV-drama is.
“Ons moet net geloof hê,” sê Dolly.
“Allahu Akbar.”
“Kom, laat ons gaan,” sê Dolly.
Quinn kyk na Masilo.
“Does that mean what I think it means?” vra Rajkumar.
“Hang on,” sê Masilo.
Oor die luidsprekers kom die geluide van voete wat skuifel.
“They are moving,” sê Raj en kyk na die huisplan van nommer 15, wat voor die TV-skerm lê. Die groot vraag is waarheen. En hoe goed die EAM gaan funksioneer.
Die luidsprekers raak stil.
“Shit,” sê Raj. “They’re going down to the basement.”
Quinn verstel aan die volume. Daar is ’n sissing, baie vae eggo’s van ’n manstem, maar onverstaanbaar.
“Would you be able to filter that?” vra Quinn.
Rajkumar skud sy kop, baie teleurgesteld. “Probably not.”
Hulle staan en luister na die sprekers, tot die laaste hoop verdwyn.
“Come on, Raj,” sê Masilo bemoedigend. “We all knew the chances were going to be slim. They are not stupid.”
“I know. But fuck knows, we need a break. I mean, we deserve it. Just a bit of luck.”
“All things come to those who wait,” sê Tau Masilo.
Rajkumar voltooi die spreuk op sy gewone pessimistiese manier. “They come, but often come too late.”
* * *
(11 September 2009. Vrydag.)
Janina Mentz is op pad na die kantoor van die Minister van Veiligheid en Sekuriteit, drie stadsblokke weg, vir hul 11:00 afspraak.
Sy stap, regop, vol selfvertroue, in die reën. Want sy het voorberei. In die aktetas is Die Verslag. Maar dit is net die finale plant van die saad. Eers moet sy die aanvoorwerk doen, die veel belangriker voorbereiding van die bedding. Sy het die verloop daarvan beplan, gevisualiseer: Die minister, ’n joviale man met ’n kaalgeskeerde kop en ’n maklike glimlag, sal haar gasvry ontvang en haar vra om saam met hom tee te drink. Sy sal dit met dank aanvaar. Sy sal gaan sit, die swart aktetas se kombinasieslot tydsaam oopmaak, die lêer uithaal, maar dit op haar skoot hou.
Hy sal vra hoe dit met haar gaan, en met die Agentskap. Sy sal sê dit gaan besonder goed, dankie, Meneer die Minister. En dankie ook dat u tyd kon maak, op kort kennisgewing, maar ek wou die saak so spoedig moontlik onder u aandag bring. Veral in die lig van onlangse gebeure.
Sy sal wag vir sy reaksie, vir die lig van sy wenkbroue en die vries van sy glimlag. Dan sal sy sê, haar woorde versigtig gekies, dat dit ’n sensitiewe saak is. Te … ongemaklik om by die weeklikse Veiligheidsvergadering te bespreek.
Dít sal sy laat insink. Die minister is ’n slim man. Hy sal die nodige gevolgtrekkings maak. Miskien sal sy dit net effens aanhelp deur te onderstreep dat die PIA die enigste is wat oor dié (met ’n knik in die rigting van die lêer) inligting beskik. Dat dit dus veilig is.
En dan vir die minister sê dit het betrekking op wapenhandel.
Sy sal staatmaak op die bagasie van hierdie laaste woord, bagasie wat die regerende party én die kandidaat van die nuwe