Эротические рассказы

Keerkring van die hart. Ena MurrayЧитать онлайн книгу.

Keerkring van die hart - Ena Murray


Скачать книгу
strome van verbittering wat soos stormwaters op die keerwalle van sy hart afstorm. As hy net nie Joop Burger se seun was nie … As hy net nie ou Joop van die onderdorp se seun was nie! En toe sy vuiste gebal teen die kosyn tot ruste kom, met sy voorkop hard teen die hout gedruk, draai sy pa om en verdwyn by die agterdeur uit, stap uit op die werf sonder om iets raak te sien.

      Hy het haar nie weer gesien nie. Maande sou verloop voordat Kas Burger weer in daardie blou oë sou afkyk en die veragting daarin sou lees. Sy het in die daaropvolgende week nie weer in die kantoor verskyn nie en ’n week later, die Saterdagaand toe Rob Rabe se verjaardagpartytjie in die groot wolskuur van Rondom gehou is, was sy in die vliegtuig op pad Europa toe.

      

      

      

      2

      In die maande wat volg, is dit asof Kas nog meer in homself gekeer raak, nog ’n bietjie stiller as voorheen. Hy werp homself so volkome in sy werk en regstudie dat sy baas later verplig is om hom daaroor aan te spreek.

      “Kas, dis pragtig en goed soos wat jy studeer en werk, maar jy ken mos darem ook die Engelse gesegdetjie: All work and no play … ’n Mens moet altyd balans behou, seun.” Sy stem is vaderlik betigtigend terwyl hy na die skraal jong man kyk, sy oë bekommerd. Dis asof Kas die afgelope maande berserk geraak het. Dis asof hy alles in een dag wil vermag, alles in een jaar wil bereik.

      Kas antwoord nie, en hy vervolg: “Hoekom speel jy nie weer hierdie seisoen rugby nie? Die manne voel nie lekker daaroor nie. Ek ook nie. Ons span kan kwalik sonder jou klaarkom.”

      Kas glimlag effens. Hy het verwag dat die manne vir Faan Dempers sou aansê om hom oor te haal, maar hy gaan nie kopgee nie. Later, eendag wanneer hy bereik het wat hy wil bereik, sal daar weer tyd wees vir speel. Maar vir hom is speeltyd voorlopig verby. Dis nou werktyd, swoegtyd vir Joop Burger se seun. Laat die Rob Rabes maar speel. Hulle kan dit bekostig. Hy kan nie. Hy skud sy kop.

      “Jammer, oom Faan,” sê hy nou stil maar beslis, en spreek sy baas aan soos wat dié ’n paar weke gelede versoek het. “Nie hierdie seisoen nie. Maar u is verniet bekommerd. Ek draf elke oggend en elke aand. Ek bly fiks.”

      Oom Faan sug. Hy moes vooraf geweet het. Teen hierdie tyd ken hy Kas Burger al goed genoeg om te weet dat niks en niemand hom sal beweeg van die pad wat hy gekies het nie. En dis ’n harde pad vir so ’n jong man. ’n Pad wat nie net hoë intelligensie, ure lange studie en selfdissipline van hom gaan verg nie, maar ook groot opoffering. Hy het besluit dat hy die einde van die jaar sy finale prokureurseksamen wil aflê – en hy gaan dit ook doen, soos wat Faan Dempers hom ken. Dan sal hy maar pas drie-en-twintig wees. Oom Faan weet dat hy trotser as enigiemand anders sal wees as Kas dit gaan regkry, want veral hierdie afgelope maande nadat Liesel ook weg is, het Kas vir hom die seun geword wat hy nooit gehad het nie. Maar hy wil nie hê dat Kas hom daarvoor moet breek nie. Daar is nog baie tyd. Hy sê dit ook nou.

      “Ek weet nie hoekom jy so dringend haastig is nie, Kas. Jy is nog bloedjonk. Stel jou mikpunt liewer vir die einde van aanstaande jaar.”

      Maar die jong man skud sy kop, die ken beslis, die oë uitdagend.

      “Nee, oom Faan. Ek móét die einde van hierdie jaar klaarmaak.”

      Oom Faan beduie met sy hand, gee dan maar met ’n trotse glimlaggie toe. Ai, wat ’n jong man!

      Maar toe Kas uit is, versomber sy gesig. Wat is dit wat Kas so dryf? wonder hy vir die hoeveelste keer. Op die oog af is die redes voor die hand liggend, en tog vermoed oom Faan dat daar nog ’n beweegrede is en dat dit miskien die sterkste beweegrede is. Maar dan twyfel hy weer. Nog nie een keer het Kas navraag gedoen oor Liesel sedert sy weg is nie. Aan die begin het hy Kas gereeld die nuus vertel, watter reisplan sy en tant Miemie volg en haar indrukke. Maar Kas het nooit kommentaar te lewer gehad nie en mettertyd het hy nie meer vertel nie. Ook dit het geen reaksie by die jong man uitgelok nie. Liesel se naam is weke gelede tussen hulle genoem.

      Oom Joop was nog meer as Faan Dempers in hierdie maande bewus van die byna koorsige gejaagdheid in sy seun. Pa en seun het nog nooit veel vir mekaar te sê gehad nie, maar sedert daardie laatmiddag toe Liesel Dempers op die stoeptrappie van die platdakhuisie verskyn het, het oom Joop ’n fyn studie van sy seun begin maak. Dit was asof die harde, wrede woorde wat in jeugdige onbesonnenheid uitgespreek is, sy hart net so diep getref het as die jong en kwesbare jongmanshart, en dit was asof dit Joop Burger uit ’n diepe dwelmslaap wakker gemaak het. Vir die eerste keer het hy sy seun werklik raakgesien, werklik in hom as mens begin belangstel. Van kleins af het pa en seun op verskillende golflengtes gelewe, by mekaar verby, sonder enige kontak of selfs ’n poging om mekaar te begryp. Maar ook dit het skielik hierdie afgelope maande begin verander, eers van oom Joop se kant af.

      Die eerste toenadering was ’n eenvoudige koppie koffie met ’n bewende hand onder die geboë kop ingeskuif om eenuur in die nag. Met verbaasde, moeë oë het Kas opgekyk.

      “Drink eers ’n bietjie koffie en laat jou oë ’n paar minute rus, seun. Dan kan jy weer voortgaan,” het hy gesê.

      “Dankie, Pa.” Hy het aan sy koffie geproe, toe na die ineengetrekte gestalte op die kant van die bed gekyk. “Hoekom slaap Pa nie?”

      Die ou man het selfbewus met sy knopperige hande beduie. Snaaks hoe dinge verander. Kas was maar net Kas in die verlede, maar dis mos al of hy sy eie seun deesdae nie lekker in die oë kan kyk nie, half selfbewus in sy teenwoordigheid voel.

      “Nee wat. Ou mense soos ek het nie baie slaap nodig nie. Die lang slaap lê voor.”

      Die oë wat na hom gekyk het, was skielik skerp.

      “Voel Pa siek?”

      “Nee. Nee, natuurlik nie. Die ou rumatiek pla so ’n bietjie, maar ’n mens raak alles gewoond – gelukkig. Nog ’n bietjie koffie?”

      “Nee dankie, Pa. Dit was lekker. Dit was net wat ek nodig gehad het. Pa kan nou maar weer gaan lê.”

      Hy het stil by die deur uit verdwyn soos hy gekom het, en vir ’n kort oomblik het Kas se gedagtes om hom bly dwaal. Pa … ’n woord. ’n Naam. Vir hom, tot dusver, ’n blote biologiese feit. Elke mens moet ’n pa hê. Hy is noodsaaklik vir jou ontstaan as mens. Maar dit was al. Joop Burger was en is sy pa. So was dit beskik. Bloot net die persoon wat aan hom die lewe gegee het – en dis al. Maar vannag … Hy het gesug, sy pen weer opgeneem. Hy het nie tyd om te wonder hoekom Joop Burger vannag meteens om eenuur nie net sy pa was nie, maar ook ’n vader.

      Maar in die nagte wat sou kom, sou die gereelde koppie koffie om eenuur die nag Kas dwing om dieper hieroor te dink; hom dwing om te sien dat Joop Burger nie net bloot ’n pa is nie, maar ook tog ’n vader.

      Toe die koppie koffie weer een nag onder sy neus ingeskuif word, draai hy direk na die ou man toe en daar is ’n vreemde warmte in sy stem wat ou Joop nog nooit gehoor het nie.

      “Dankie, Pa. Kom drink ’n koppie koffie saam met my.”

      Die ou man knik, skuifel terug na die aangrensende kombuisie toe en kom met sy wit bekertjie te voorskyn. Hy neem weer op die kant van die bed plaas, die ooglede neergeslaan, bewus daarvan dat sy seun se oë peinsend op hom rus en weer eens pynlik bewus daarvan dat Kas nie meer ’n kind is nie, maar ’n groot man, sy gelyke, sy meerdere in die meeste opsigte.

      Dis ’n rukkie stil terwyl hulle stilswyend aan hulle koffie proe. Kas se oë bly rus op die ou man voor hom, probeer hom sien vir wat hy is, soos hy is – ’n afgetakelde ou man met net ’n pad van mislukkings agter hom en ’n groot niks voor hom. Hy probeer onthou … daardie dae toe hy nog ’n seuntjie was, die droë pap wat wurgend in sy keel bly vassit het, die skaamte vir die gelapte broekie, die skurwe hakskene van die kaal voete in die winter, die dungewaste kombersie oor ’n maer lyfie, die koue, die honger soms, die verskriklike lus vir die lekkers agter die glaskassies in die winkel … en binne-in hierdie keerkring van herinneringe staan hierdie man as sentrale punt, as die as waarom alles draai … Maar vannag het die verbittering meteens stil geraak, is daar eerder ’n weemoed, ’n vreemde hartseer


Скачать книгу
Яндекс.Метрика