Эротические рассказы

Prooi. Deon MeyerЧитать онлайн книгу.

Prooi - Deon Meyer


Скачать книгу
’n voice message en ek sê: ‘Bel my, J.J., jy laat my worry.’ By sesuur, toe weet ek daar’s moeilikheid. Toe bel ek Rovos. En daai mense was baie nice, you can imagine, hulle kan nie sommer net details oor die passengers gee nie, ma’ hulle het uit hulle se pad uit gegaan om te help, ek dink hulle kon die distress in my stem hoor. Toe sê hulle daar is een passenger wat iewers Saterdagnag of Sondagoggend van die trein afgeklim het, they can’t give me details, but I should maybe go ahead and report it. Toe gaan ek hier na die poliesstasie toe, daar’s ’n warrant officer wat saam met J.J. in die Bellville in gewerk het – Neville Bandjies, hulle braai nou nog saam – en ons maak die missing person report. Maar toe weet ek al, daai aand, toe weet ek al something very bad has happened, because Johnson Johnson loved his two girls too much.”

      5

      Augustus. Daniel Darret. Bordeaux.

      Dit is toeval.

      Daniel Darret, op daardie oomblik by die voordeur met sy sleutel in sy hand, en die vrou wat om die hoek kom.

      Die Camille Pelletan-plein is klein, eintlik net die Rue Marengo wat verbreed waar dit die Rue Saint-François kruis – soos die twakbak van ’n pyp aan die punt van die steel. Dit is nie veel besiger as van die ander strate in dié deel van die Saint-Michel-woonbuurt nie. Daar is maar altyd mense wat op pad is na die basilika of die Capucinsmark. Op Saterdae meer.

      Sy nuwe waaksaamheid is nutteloos, want dit is net die noodlot se moedswillige tydsberekening: sy wat om die hoek kom, hy wat daar staan. Hy kyk, want hy hoor haar hakke oor die keistene. En sy kyk na hom. ’n Oomblik van herkenning. En dan, net toe dit lyk of sy skaam wil glimlag, kyk Daniel weg, sluit die deur oop, gaan in, en maak dit haastig toe.

      Hy leun teen die deur. Hy swets.

      Die kat, Wackett, antwoord hom halfpad teen die trap op.

      6

      Augustus. Bennie Griessel. Brackenfell.

      Robyn Johnson sê toe die oproep van Beaufort-Wes se sersant Aubrey Verwey ’n week-en-’n-half later kom, was die skok nie vir haar so groot nie. “Dit was ’n relief, op ’n manier. Dan wonder jy nie meer ís dit so, of is dit nié so nie. Maar dan is daar die anger: Who did this? And why? Ek meen, J.J. was net so ’n lieflike … And how? Hoe het J.J. daar langs daai spoor gekom? Lots of anger and hate for the faceless people who did this. These animals, these bastards. Hy was ’n goeie mens. Hy’t sy flaws gehad, don’t we all? Ma’ hier binne, hiér was hy ’n goeie man gewees …”

      Sy skud haar kop ergerlik, asof sy dié negatiewe emosies wil afskud. “Julle moet vir hulle vang,” sê sy sagter. “Asseblief, julle moet vir hulle vang.”

      Sy druk die sigaret met ’n bewende hand dood, haar oë vogtig.

      “Ons is die Hawks,” sê Cupido. “Daai is wat ons doen.”

      Griessel gee haar ’n oomblik, dan vra hy: “Mevrou, hoe was meneer Johnson se … gesondheid?”

      “Sy gesondheid? Hy was in peak health, hoekom vra jy oor sy gesondheid?”

      “Sy gemoed. Was hy opgewek?”

      “Ek het mos gesê J.J. was nie een vir worry nie …”

      “Mevrou, ons verstaan dié soort vrae is nie vir jou lekker nie,” sê Cupido. “But we have to look at this from every possible angle. So, fact is, daar’s nie eintlik ’n kans dat mister Johnson per ongeluk van daai trein afgeval het nie. Two things could have happened. He either jumped or he was pushed. As my colleague vra oor jou eks se gesondheid, dan wil ons weet of hy maybe van depressie gesuffer het. It’s another way of asking the awkward question: Did he jump?”

      “Okay. Sorry. Ek verstaan. Nee. Never. Nie J.J. nie. Hy … Daar was tye dat ek gedink het miskien is hy te happy-go-lucky. As jy hom gesien het met sy twee girls …”

      “Mevrou, die ander moontlikheid …” sê Griessel. “Die groot vraag wat ons gewoonlik met só ’n ondersoek vra, is of daar enigiemand was wat hom sou wou leed aandoen.”

      Sy dink eers na, skud dan haar kop. “J.J. was nice. Daai was sy probleem. Hy was net so nice.”

      “Maar hy was ’n poliesman. ’n Speurder. Het hy ooit gepraat van iemand wat hom gedreig het, iemand vir wie hy gearresteer het?”

      Sy dink, en dan skud sy haar kop. “Hy was twee jaar lank nie meer ’n poliesman nie.”

      “Ons verstaan, maar steeds, het hy nooit iets gesê nie?”

      “Nie wat ek van weet nie.”

      “No gang affiliations?” vra Cupido.

      “J.J. kom van Ashton af. Daar’s nie gangs nie.”

      Daar ís bendes op Ashton, maar hulle kan sien sy wil nou hê die ondervraging moet klaarkry.

      “Okay. Hy het nie in die lean times iewers ’n geldjie gaan leen nie?” vra Cupido.

      “Jy meen by ’n loan shark?”

      “That’s right.”

      “Nee. Hy’t geweet hy kan vir my kom vra. As a matter of fact, hy’t by my geld kom leen, nou, begin van die jaar. En by June het hy alles weer terugbetaal. En hy was besig, die laaste vier maande of so. He was making good money.”

      “Hoe het hy sy administrasie gehanteer? Het hy iemand wat sy rekeninge uitgestuur het? Sy boeke gedoen het?”

      “Nee, hy’t alles self gemanage.”

      “Wat was sy system?” vra Cupido.

      “Hoe meen jy ‘sy system’?”

      “Het hy files gehou op sy clients en sy payments?” Cupido wys na die rak agter haar met die veelkleurige leggers.

      “Nee, hy’t alles so op sy laptoppie gedoen.”

      “Waar is die laptop nou?”

      “Ek … Dis gewoonlik in sy flat, toegesluit in die sideboard. Of hy vat dit saam in sy tas. I didn’t think to look …”

      “Moenie worry nie, ons sal kyk,” sê Cupido.

      Griessel bêre sy pen en notaboek in sy baadjiesak. Hulle staan op.

      “Mevrou Johnson, wat dink jy het op daardie trein gebeur?” vra Griessel.

      “If you had to speculate,” sê Cupido.

      Sy kyk op na die plafon. Sy tik-tik met die lang naels op die lessenaar. Sy staan stadig op. Van binne die winkel, asof hy weet dis goeie tydsberekening, sê ’n papegaai hoog en helder: “Fok jou, Fanus.”

      Dit breek die vae spanning in die kantoor.

      “Daai voël,” sê sy. “How am I ever going to sell it with a mouth like that?”

      Hulle glimlag.

      “Julle moet verstaan, I loved J.J. with all my heart,” sê Robyn Johnson.

      “So noted.”

      “Eers het ek gedink dit was ’n robbery, want almal steel mos nou in dié land. Van die President af all the way down. Ek wou hê dit moet so iets wees. Random. Bad luck.”

      Hulle sê niks.

      “Maar toe dink ek, op daai trein vol grand, ryk mense, why would they rob J.J.? En dan moet jy maar kom by die punt waar jy dit admit, he did have a roving eye.”

      Hulle knik met begrip.

      “My best guess is, J.J. het met ’n ander man se vrou gelol op daai trein. ’n Man wat dit nie gevat het nie.”

      * * *

      In die parkeerterrein kyk Cupido na sy horlosie en sê hulle gaan die volgende dag al sesuur Beaufort-Wes toe. En hy het vanaand ’n ete by Desiree, en dit moenie te laat wees nie, want dis ’n weeksaand en skoolkwartaal, en sy is streng met haar


Скачать книгу
Яндекс.Метрика