Эротические рассказы

‘n Soeke van Helde . Морган РайсЧитать онлайн книгу.

‘n Soeke van Helde  - Морган Райс


Скачать книгу
‘n hartlike ontbyt geniet, en oppad wees na die Verkiesing met die beste wapens en sy pa se seën – terwyl hy nie eens toegelaat sal wees om dit by te woon nie. Hy het een keer vantevore probeer om die kwessie by sy pa te opper. Dit het nie goed afgeloop nie. Sy pa het summier die gesprek beindig, en hy het nie weer probeer nie. Dit was net nié regverdig nie.

      Thor was vasbeslote om die lot wat sy pa vir hom beplan het, te verwerp. Met die eerste teken van die koningklike gevolg, sal hy terug naêl huis toe, sy pa konfronteer, en of hulle nou daarvan hou of nie, himself voorstel aan die Koning se manne. Hy sal saam met die ander staan vir verkiesing. Sy pa kan hom nié keer nie. Hy voel sy maag saamtrek met die blote gedagte daaraan.

      Die eerste son het gestyg, en met die opkoms van die tweede liggroen son, wat ‘n laag van lig voeg by die pers hemelruim, sien Thor hulle raak.

      Hy staan reguit, hare penorent, geëlektrifiseer. Daar op die horison, is die vaê buitelyn van n perde getrekte koets, met stof wolke wat opstyf van die wiele af. Sy hart klop vinniger as hy nog een gewaar; en nog een. Selfs van hier af skitter die goue koetse in die son, soos glimmende visse wat in en uit die water baljaar.

      Teen die tyd dat hy twaalf van hulle getel het, kon hy nie langer wag nie. Met ‘n kloppende hart in sy borskas en vir die eerste keer in sy lewe vergeet hy van sy kudde, Thor draai om en strompel teen die heuwel af, vasbeslote dat niks hom sal keer totdat hulle van hom bewus is nie.

      Thor stop skaars vir asem terwyl hy by die heuwel af naêl, deur die bome, onbewus van krappende take. Hy bereik ‘n opening en sien sy dorpie onder uitgestrek, ‘n lomerige landelike dorpie besaai met wit enkellaag, klei huise met gras dakke. Waar etlike dosyne families woonagtig is. Rook styg vanuit etlike skoorstene, aangesien meeste al vroeg wakker is om oggend ete voor te berei. Dit was ‘n idilliese plek, net ver genoeg---‘n dag se reis---van die Koning se Hof om verbygangers af te sit. Net nog ‘n plaas dorpie op die rand van die Sirkel, nog‘n rat in die wiel van die Westelike Koningkryk.

      Thor bars deur die finale afstand, tot in die dorps vierkant, stofwolke so ver as wat hy gaan. Hoenders en honde spartel links en regs, en ‘n ou vrou, wat hurkend buite haar huis voor n kookpot borrelende water sit, sis vir hom.

      “Stadig, seun!” skree sy as hy verby naêl, terwyl hy stofwolke in haar vuur skop.

      Thor sou nie sy spoed vertraag nie --- nié vir haar nie, nié vir enigiemand nie. Hy draai af in een dwarsstraat, dan nog een, heen en weer oor die pad wat hy so goed ken, tot hy die huis bereik.

      Dit was ‘n klein, onopvallende woning soos al die ander met sy wit klei mure en hoekige gras dak. Soos meeste van hulle, is die enkelkamer verdeel, sy pa wat op die een kant slaap en sy drie broers op die ander kant; anders as meeste van die ander, is daar ‘n klein hoenderhok agter, en dit was hier waarheen Thor verban is om te slaap. Hy het eers by sy broers geslaap, maar met tyd het hulle groter geraak, en wreder and meer eksklusief, en n punt daarvan gemaak om nie vir hom spasie te los nie. Thor was seergemaak, maar nou waardeer hy sy eie spasie, en verkies om uit hulle teenwoordigheid te wees. Dit was vir hom ‘n bevestiging dat hy die banneling in sy familie is wat hy reeds geweet het hy was.

      Thor hardloop tot by sy voordeur en bars deur sonder om te stop.

      “Vader!” skreeu hy, hygend na asem. “Die Silwer! Hulle is oppad!”

      Sy pa en drie broers sit vooroorgeboë by die ontbyt tafel, reeds geklee in hulle beste. Met sy woorde spring hulle op en pyl by hom verby, stampend teen sy skouers, uit die huis en in die straat in.

      Thor het hulle gevolg, en saam hou hulle die horison dop.

      “Ek sien niemand, “ antwoord Drake, die oudste, in sy diep stem. Met die breedste skouers, hare kort geknip soos sy broers, bruin oe, en dun, afkeurende lippe, frons hy soos gewoontlik, vir Thor.

      “Ek ook nie,” herhaal Dross, net n jaar jonger as Drake, en altyd aan sy kant.

      “Hulle is oppad!” se Thor weer. “Ek sweer!”

      “En hoe sal jy weet?” eis hy.

      “Ek het hulle gesien.”

      “Hoe? Van waar af?”

      Thor huiwer; sy pa het hom uitgevang. Hy weet natuurlik die enigste plek vanwaar Thor hulle kon bespied is vanaf die hoogste punt van daardie heuwel. Thor is nou onseker hoe om te antwoord.

      “Ek…het die heuwel geklim---“

      “Met die kudde? Jy weet hulle mag nie so ver gaan nie.”

      “Maar vandag was anders. Ek moes sien.”

      Sy pa gluur hom aan.

      “Gaan onmiddelik in en gaan haal jou broers se swaarde en poets hulle skede, sodat hulle op hulle beste kan lyk voor die Koning se manne arriveer.”

      Sy pa, klaar met hom, draai terug na sy broers, waar hulle in die straat staan en uitkyk.

      “Dink pa hulle sal ons kies?” vra Durs, die jongste van die drie, maar drie jaar ouer as Thor.

      “Hulle sal dwaas wees indien nie,” antwoord sy pa. “Hulle het n tekort aan manne die jaar. Dit was ‘n skraal oes – anders het hulle nié die moeite gedoen om te kom nie. Staan net parraat, die drie van julle, kenne omhoog en borskaste uit. Moet hulle nie reguit in die oog kyk nie, maar moet ook nie heeltemal wegkyk nie. Wees sterk en vol vertroue. Moenie swakheid toon nie. As julle in die Koning se Legioen wil wees, moet julle optree asof julle alreeds daarin is.” “Reg, Pa,” antwoord sy drie seuns tergelyk, en kom in posisie.

      Hy draai om en gluur Thor aan.

      “Wat doen jy nog hier?” vra hy. “Gaan in!”

      Thor bly staan, verskeurd. Hy wil nie sy pa verontagsaam nie, maar hy moet met hom praat.

      Sy hart hamer terwyl hy besluiteloos bly. Hy besluit dit sal die beste wees om te gehoorsaam, om die swaarde te bring, en dan sy pa te konfronteer. Om hom blatant te ignoreer sal nie help nie.

      Thor haas die huis binne, deur na die agterkant en na die wapensstoor. Hy vind sy broers se drie swaarde, al drie pragstukke, bekroon met die beste silwer hefte, waardevolle geskenke waarvoor sy pa vir jare baie hard gewerk het. Hy gryp al drie, soos altyd verras deur die gewig, en hardloop terug deur die huis met hulle.

      Hy nael tot by sy broers, gee vir elkeen ʼn swaard en draai na sy pa.

      “Wat, geen politoer?” vra Drake.

      Sy pa draai na hom afkeurend, maar voor hy iets kon se, praat Thor.

      “Pa, asseblief. Ek moet met pa praat!”

      “Ek het vir jou gesê politoer----“

      “Asseblief, Pa!”

      Sy pa gluur terug, in vertwyfeling, hy moes die erns op Thor se gesig gesien het, want uiteindelik se hy,”Ja?”

      “Ek wil oorweeg word. Saam met die ander. Vir die Legioen.”

      Sy broers se gelag klink agter hom op. Sy gesig word bloedrooi.

      Maar sy pa het nie gelag nie, inteendeel, sy frons verdiep.

      “Wil jy?” vra hy.

      Thor skud sy kop kragtig.

      “Ek is veertien. Ek kan in aanmerking kom.”

      “Die sper datum is veertien,” se Drake neerhalend oor sy skouer. “As hulle jou kies, is jy die jongste. dink jy hulle sal jou bo my verkies, ek wat vyf jaar ouer as jy is?”

      “Jy is astrant,” se Durs. “Jy was nog altyd.”

      Thor draai na hulle.”Ek vra julle nie,”se hy.

      Hy draai terug na sy pa, wat steeds frons.

      “Pa, asseblief,” se hy. “Gun my ‘n kans. Dis al wat ek vra. Ek weet ek is jonk, maar ek wil myself bewys, met tyd.”

      Sy pa skud sy kop.

      “Jy is nie ʼn soldaat nie, seun. Jy is nie soos jou broers nie. Jy is


Скачать книгу
Яндекс.Метрика