Эротические рассказы

Kan ek maar aan jou selluliet vat?. André le RouxЧитать онлайн книгу.

Kan ek maar aan jou selluliet vat? - André le Roux


Скачать книгу

      

      Kan ek maar aan jou selluliet vat?

      Hoe mans se koppe werk (indien wel)

      André le Roux

      Tafelberg

      Vir Marté

      vanselfsprekend

      Voorwoord?

      Wat’s die antwoord?

      Nie eens Freud kon die vraag kleinkry nie

      The great question that has never been answered and which I have not yet been able to answer, despite my 30 years of research into the feminine soul, is: ‘What does a woman want?’

      – Sigmund Freud

      Freud het nagelaat om te vra: Wat wil ’n man hê?

      (Of het hy hoeka geweet?)

      Navorsers – sielkundiges, psigiaters, seksuoloë, neuroloë, ensovoorts – bestee jare se geld om te probeer agterkom wat dit is met mans en vroue.

      Hoe dink vroue? Hoe dink mans (indien wel)? Hoekom is ons so gelukkig? Hoekom is ons so ongelukkig? Hoekom sukkel ons so? Hoekom gaan ons so tekere? Hoekom worrie ons so? Hoekom eet ons so? Hoekom dieet ons so? Hoekom lag ons so? Hoekom huil ons so? Hoekom stry ons so? Hoekom het ons so baie seks? Hoekom het ons so min seks? Hoekom trou ons so? Hoekom skei ons so? Hoekom het ons mekaar so nodig …?

      Die navorsers stuur vraelyste uit, hou vroue en mans onder laboratoriumtoestande dop om te kyk hoe mans hul arms swaai en vroue hul arms vou, hoe ons kommunikeer. Hulle doen moderne breinskanderings om te sien wat gebeur as ons kwaad word of bly is om mekaar te sien, waar die liefde lê. Hulle bestudeer die gedrag van muise om te sien of muise iets vir mense te sê het. Hulle soek in ons hormone na tekens en redes vir wat ons doen en nie doen nie. In ons gene, in die sentrums van die brein. Hulle vra vrae, weerspreek mekaar, en kry net halwe antwoorde.

      Wie’t gesê verhoudings is maklik? Op hul maklikste is dit moeilik … Intieme verhoudings nog moeiliker. En makliker. En swaarder. En ligter. En lekkerder. En wat nog?

      Jou kans om ’n perfekte, getroue tamatie in die supermark raak te loop is honderd keer groter as om ’n perfekte verhouding teë te kom. Maar as jy dit beter verstaan, sal jy dit beter kan hanteer. Probleme sal nie verdwyn nie, maar jy sal dit in ’n beter lig sien. Mense loop gewoonlik verhoudings binne toegerus met net hul hormone, wat later deurmekaar raak.

      Hoe nou? Hoekom? Wat het gebeur? Wat gaan aan? Waar’s die antwoord?

      Soek gaan hulle nog lank soek …

      Maar eintlik hét ons reeds die antwoord: Verhoudings is gesonde verstand. Dis a. ’n eenvoudige vraag, b. humor en c. die liefde.

      En hel, dis opwindend!

      So, a beetle walks into a bar …

      André le Roux

      Mei 2010

      * Die skrywer is nie ’n sielkundige, psigiater, seksuoloog, neuroloog, breinchirurg, terapeut, maatskaplike werker, huweliksberader, lewensafrigter of komediant nie.

      Hy’s ’n joernalis met ondervinding (sedert 1980).

      Ken jou hormone en sulke dinge

      ’n Verwysingsgids

      Adrenalien. Hormoon en neuro-oordragstof wat vinnig styg tydens stresvolle situasies, verantwoordelik vir die veg-of-vlug-reaksie.

      Anandamied. Neuro-oordragstof in die brein betrokke by onder meer motivering. Goedvoel-middel. Ook in sjokolade.

      Androstenool. Sekshormoon en androsteroon se ooreenstemmende feromoon. Klein hoeveelhede in sweet.

      Androsteroon. Steroïedhormoon gevorm tydens die metabolisme van testosteroon in die lewer, uitgeskei in urine.

      Dopamien. Neuro-oordragstof betrokke by beweging. Ook in beloningsentrum van die brein waar dit emosies beïnvloed, en ’n neuro-hormoon, hoofsaaklik om prolaktien onder beheer te hou.

      Endorfien. Chemiese verbinding in die brein soortgelyk aan morfien, afgeskei tydens oefening, pyn, orgasme, ensovoorts. Liggaam se natuurlike pynstiller en ’n goedvoel-middel.

      Estrogeen. Belangrikste vroulike sekshormoon, afgeskei in eierstokke.

      Fenieletielamien. Voorloper van dopamien, noradrenalien en adrenalien. Ook in sjokolade.

      Fenotipe. Jou uiterlike (sigbare) karaktertrekke en gedrag soos bepaal deur jou gene en omgewing. Is uniek en ’n aanduiding/weerspieëling van die stand van jou immuunstelsel.

      Feromoon. Stuur chemiese “boodskappe” uit waarop ander van dieselfde spesie reageer. Deel van aantrekkingskrag tussen geslagte.

      Ghrelien. Hormoon wat honger aanbring, onder meer in die maag en pankreas.

      Hormoon. ’n Chemikalie deur endokriene kliere afgeskei. Stuur chemiese “boodskappe” deur liggaam, onder meer verantwoordelik vir jou bui.

      Kopulien. Vroulike seksferomoon. Sterk bindingsmiddel, veral vir ’n man. Kan mans onderdanig maak aan ’n vrou.

      Kortisoon (kortisol). Streshormoon deur die byniere afgeskei. Verhoog bloeddruk en bloedsuiker, verswak immuunstelsel.

      Neuro-oordragstof. Chemiese stof wat “boodskappe” tussen neurone (senuweeselle) en ander selle oordra.

      Noradrenalien. Voorloper van adrenalien in die outonome senuweestelsel. Help om onwillekeurige liggaamsfunksies te reguleer, soos bloeddruk en polsslag.

      Oksitosien. Vroulike hormoon betrokke by geboorte, borsvoeding en orgasme. Speel ’n sosiale rol, ook ’n emosionele bindingsmiddel.

      Pituïtêre klier. Belangrikste endokriene klier (= inwendig afgeskei) in die brein. Skei hormone en hormonale voorlopers af om onder meer groei, seksuele funksie, stres en skildklierfunksie te beheer.

      Progesteroon. Vroulike sekshormoon betrokke by menstruasie en swangerskap, afgeskei deur eierstokke, en plasenta tydens swangerskap.

      Prolaktien. Hormoon primêr verbind met geboorte en borsvoeding. Ook belangrike sekshormoon.

      Serotonien. Neuro-oordragstof hoofsaaklik in dermkanaal, asook sentrale senustelsel. Beheer bui, eetlus, slaap, ensovoorts.

      Testosteroon. Belangrikste manlike sekshormoon, afgeskei deur die testes.

      Vasopressien. Hormoon, beheer onder meer liggaam se vogbalans. Help ook temperatuur en bloeddruk reguleer. Belangrike bindingsmiddel.

      1. Te sexy vir jou brein

      Die limbiese stelsel

      The chief function of the body is to carry the brain around.

      – Thomas Edison

Brains.jpg

      Min of meer in die middel van jou brein, diep in die voue verberg onder kartels en kronkels, af tot naby die breinstam, lê ’n deel waarsonder die lewe niks lekker sou gewees het nie. Dit lê tussen die boonste, rasionele gedeelte (neokorteks of serebrale korteks, wat jou intellek huisves) en die onderste, primitiewe brein (so oud soos die berge self, waar aggressie en die veg-of-vlug-instink setel).

      Dus: bo, middel, onder. Netjies in drie lae verpak.

      Jou brein.

      En die middelste deel is jou limbiese stelsel, ook bekend as die beloningsentrum van die brein. Dis sexy en hier gebeur als wat lekker is.

      Daarsonder sou jy nie wou lag of huil nie. Sjokolade sou soos papier gesmaak het en roomys soos watte. Selfs inkopies sou ’n straf gewees het. Jy sou nie wou soen of vry nie, en seks sou net bewegings gewees het. Want dis hier waar die liefde en passie lê.

      Tydens seks sê dit: Moenie ophou nie, julle moet in elk geval voortplant, dis lekker, kom nou, aanhou beweeg en geraas maak. ’n Orgasme stuur rillings


Скачать книгу
Яндекс.Метрика