Kopskoot. Rudie van RensburgЧитать онлайн книгу.
rugby en krieket. Mike sug. As sy skoolwerk net dieselfde aandag kon kry …
Met sy dogters het hy nooit ’n probleem gehad wanneer dit by die boeke gekom het nie. Tussen hulle twee het hulle dertien onderskeidings in matriek gekry. Hy snork. Nie dat dit vandag veel werd is nie. Die skoolstandaarde het in die laaste jare só gedaal dat onderskeidings op ’n skinkbord gegee word aan dié met meer as ’n paar breinselle. Die vier wat hy in sý matriekjaar gekry het, het substansie gehad.
Hy neem ’n slukkie van sy drankie en staar onbelangstellend na ’n Egiptiese reisprogram op TV. Hy dink weer met genoegdoening terug aan die vorige week se gebeure by Finco. Met sy Summit-paneelbespreking kon dit nie beter gegaan het nie. Hy het gedurende die program gevoel hy het die ander paneellede oorskadu. Ná die uitsending was sy selfoon oorlaai met boodskappe van gelukwensing. Maar hy het nog nie heeltemal die impak van sy vertoning besef nie.
Tot Vrydag, gedurende die maandelikse saamtrek van hoofkantoorpersoneellede in die Nols Wyngaardt-ouditorium. Die ou man gebruik die saamtrek gewoonlik as ’n pep talk-sessie, maar Vrydag het hy gesê hy wil die gebruiklike praatjie afwissel met ’n videovertoning. Mike kon beswaarlik sy oë glo toe ’n opname van die Summit-bespreking op die groot skerm vertoon word. Die spontane toejuiging wat baie van sy stellings by die personeel ontlok het, het hom onverhoeds betrap.
Ná die videovertoning het die ou man liries geraak, dit vir die personeel as ’n voorbeeld voorgehou van hoe belangrik dit is om professioneel op te tree, jou vakgebied te ken en die beeld van Finco só te bevorder.
Wat Mike die grootste genot verskaf het, was die uitdrukking op Frank Anderson se gesig. Mike het skuins agter Frank in die ouditorium gesit en kon hom ongemerk dophou. Frank se pokergesig het strak gebly, maar daar was nie ’n sweempie van meelewing nie. Nou en dan het hy op sy tande gekners asof hy gebid het die lofliedere oor sy belangrikste mededinger vir die groot pos moet tog net tot ’n einde kom. Dit was ook vir Mike ooglopend hoe Frank hom ná die sessie vermy het. Waar die ander topbestuurslede sy hand kom skud het, het sy mededinger stilletjies by ’n syuitgang uitgeglip. Hy glimlag. Die hele affêre moes vir Frank soos ’n uitgerekte nagmerrie gevoel het.
Aletta verskyn skielik in die deur. “Ek het vergeet om jou gedurende ete te vra. Het jy in vanoggend se koerant gesien van die prokureur wat hier naby ons in sy kantoor geskiet is?”
Hy skud sy kop. Hy vermy die moord-en-doodslagstories in die koerant soos die pes, konsentreer net op die sake- en sportblaaie.
“Riaan Mostert,” sug Aletta. “Ek het sy vrou al by ’n teepartytjie ontmoet. Hy was dieselfde ouderdom as jy. Hulle het ook drie kinders, ek dink twee is al getroud.” Sy skud haar kop. “Net ná vyf in sy kantoor agter die Nuweland-swembad in die kop geskiet.”
Die naam lui iewers ’n klokkie, maar Mike kan nie ’n gesig daarby pas nie. “Ja,” snork hy, “ons het die nuwe Suid-Afrika binnegegaan met beloftes van vrede en voorspoed, maar daai beloftes was dolleeg. Ons land val bleddiewil uitmekaar van al die geweld.”
“Ja, dis armoede se skuld.”
“Nonsens, jy tokkel nou dieselfde snaar as almal. Hoeveel keer hoor ’n mens nie daardie ou afgesaagde storie nie? Kyk, dit ís so dat baie mense in ons land bleddie arm is, maar dis waaragtig nie ’n verskoning vir diefstal, roof en moord nie. Hoe tragies hul persoonlike omstandighede ook al is. Die armes in ander lande maak nie voor die voet dood nie.”
Mike sluk diep aan sy drankie. Vandat hy onlangs een van die gassprekers by ’n misdaadsimposium was, kan hy met gesag oor dié onderwerp praat.
“Suid-Afrika is eerste in die wêreld wat die getal aanrandings per capita betref,” sê hy driftig. “Ons is die wêreldleier in skietmoorde. Ons klop selfs vir Colombia, die dwelmmekka van die wêreld, waar ’n lewe minder werd is as ’n daggazol. Ons is ook voor in die wêreldkoor met verkragting. Ek lees in die Financial Mail ons verkragtingskoers is eenduisend-tweehonderd persent hoër as die wêreldgemiddelde. Dis om van naar te word.”
“Nie geweet jy’s so ’n kenner op dié gebied nie,” sê Aletta verbaas. “Ek’s beïndruk. Jy sê altyd jy vermy die moordstories in die koerante.”
Hy glimlag. “Ek hoef nie sensasie te verslind om sinvol oor misdaad te kan praat nie. Het hulle die swarte al aangekeer?”
Sy skud haar kop. “Hulle weet nog nie wie die moord gepleeg het nie.”
Mike snork. “Hulle hoef nie. Almal behoort te weet dis een van ons voorheen benadeeldes.”
“Ja, jy’s seker reg.” Sy gee ’n tree nader aan hom. “Ek wil vanaand vroeg met ’n boek in die bed klim. Is jy nie lus om my te join nie?” Sy glimlag guitig. “Ek hoef nie noodwendig te lees nie.”
Here, Aletta het dik geword, flits dit deur sy gedagtes. Die T-hemp span styf oor haar maag, die kortbroek sit knap om haar breë heupe, daar is ’n netwerk fyn spatare oor haar plomp wit bene. Waar is die perdebylyfie wat destyds langs hom voor die kansel gestaan het? Sy word vyftig, maar van haar vriendinne van dieselfde ouderdom het nog mooi lywe. Hulle is gereeld in die gimnasium en sorg dat hul voorkoms nog aanvaarbaar is ondanks ’n paar ouderdomsplooie. Die bietjie oefening wat Aletta kry, is beperk tot haar weeklikse inkopietogte in die stad se winkelsentrums.
Hy kyk op sy horlosie. “Dis nog nie eers agtuur nie. Heeltemal te vroeg vir my.”
Die teleurstelling wys duidelik op haar gesig. Toe sy uitstap, tuur hy lank voor hom uit. Sy blik soek na die koerantrakkie langs die TV-stel. Hy staan op, haal die oggend se bylae uit en blaai na die geklassifiseerde advertensies. Sy oë flits oor die inskrywings. Dié een lyk belowend. Hy skeur ’n hoekie van die koerantbladsy af en skryf die selfoonnommer neer met ’n gholfpotloodjie wat op die rakkie lê. Hy gaan by die skuifdeur uit en stap oor die gras sodat hy buite hoorafstand kan kom. Hy skakel die nommer.
Terug in die huis kyk hy vlugtig op sy horlosie. Tien oor agt. Hy stap kamer toe. Aletta is al in die bed, met Marita van der Vyver se nuutste boek in die hand. Toe sy vol verwagting na hom opkyk, skud hy sy kop.
“Jy sal my nie glo nie, ek kry nou net ’n SMS van Johan Maas van die werk. Een van ons adviseurs in Gauteng het op groot skaal bedrog gepleeg met ’n kliënt se aftreebelegging. Ek moet kantoor toe gaan. ’n Paar van ons sal moet kyk hoe ons die storie uit die koerante gaan hou.”
Sy frons. “Dit kan darem seker wag tot môre?”
“Nie regtig nie. Beeld het Johan pas vir sy kommentaar genader.”
Sy sug. “Jy’s jou hele lewe lank met jou verdomde werk getroud.”
Hy lag. “Dit sal beter gaan as die aanstelling eers gefinaliseer is. Jy sal sien. Dan delegeer ek sulke krisisse.” Hy buk vooroor en soen haar op die voorkop. “Ek sal nie te lank weg wees nie.”
Toe hy by die veiligheidshek uitry, pons hy die straatadres in Woodstock op sy GPS in. Die saaklike vrouestem lei hom sonder ompaaie reguit na die huis.
Die deur word oopgemaak nog voordat hy klop. ’n Klein Oosterling, haar swart hare in ’n bolla op haar kop gebind, lei hom na ’n ruim kamer met ’n dubbelbed. Sy is verbaas toe hy net ’n handmassering versoek, maar glimlag breed toe hy haar inlig wat hy bereid is om daarvoor te betaal.
Toe sy die rooi sykamerjas van haar vietse lyfie afgooi, omskulp hy met albei hande haar klein borsies. Haar tepels groei in sy handpalms.
10
Rocco kan skaars sy opgewondenheid inhou. Katrien onthul die skildery aan hom deur die laken stadig daarvan af te trek. Sy het hom verbied om haar vordering die laaste twee weke te sien sodat hy met vars oë na die finale produk kan kyk. Die skildery is klaar geraam in die donkerhoutraam met die kartelpatroon wat hy maande gelede by ’n stowwerige antiekwinkeltjie in Langstraat gekoop het. Dis die raam wat uiteindelik die grootte van die skildery bepaal het.
“Die Verwelkte Blom deur Irma Stern,” kondig sy dramaties aan.
Hy beskou die skildery in stille verwondering. Hy het daarop gereken sy gaan dit goed doen,