Emma en die Creepy Komplot. Marianna BrandtЧитать онлайн книгу.
Laat daardie middag kry Emma ’n sms van Hendrik:
Em, ons het gewen!
Geluk! Is julle al op pad? sms sy terug.
Ja, kry solank al die girls om vir ons te cheer wanneer ons uit die bus klim
Ha-ha-ha, maak so.
Toe die bus ’n uur later stilhou staan die hele koshuis se inwoners voor die gebou, meneer Plottenboer en juffrou Hasendal inkluis.
Joori Appelgryn spring uit die bus met ’n groot glimlag op sy bruingebrande gesig. “Ons eerste wedstryd en ons eerste wen … eerste van baie,” kondig hy trots aan.
“Geluk, Joori,” sê meneer Plottenboer en draai na die seuns. “Dit wil gedoen wees. Julle maak ons skool trots, manne.”
Willa, wat besig is om haar lyf terug te kry en dit vir die eerste keer in ’n stywe jean waag, stoot ’n meisie uit die pad om by Hendrik uit te kom. “Ek het geweet julle gaan wen. Volgende keer gaan ons saam om vir julle te cheer.”
Zoltan kom staan by Emma. “Julle ouens het goed gespeel,” sê sy. “Geluk!”
“Ja, ons was agter tot Hendrik daardie drie gedruk het. Toe was ons voor. Ongelukkig kon ons nie verdoel nie. Maar meneer Applegryn is tevrede.”
“Wat was die telling?”
“11-9.”
“Great!” sê Emma.
Hendrik en Willa kom staan by hulle. “Ja, dit was ’n harde game. Daai ouens is sterk. Maar ek is nou vrek honger. Gaan ons eet?”
Toe hulle verby die skoolhoof en Joori Appelgryn loop, kan Emma net vaagweg uitmaak wat hulle sê “… sonder u ondersteuning sou ons dit nooit kon doen nie, Meneer …”
“Ja,” sê Gyt Plottenboer. “Skieter het my laat belowe om die skool en koshuis se naam hoog te hou in sy afwesigheid, en …”
Janine gryp Emma aan die arm. “Kom, gaan jy nie eet nie?” vra sy.
“Ja, ek kom,” sê Emma ingedagte. Waar kry meneer Plottenboer die geld om al die veranderinge aan te bring? Sy kan nie help om te wonder nie. Oukei, hulle kry nie nou meer so baie kos soos toe die Snopkes die koshuis en skool bestuur het nie, maar meneer Plottenboer spandeer geld aan ander dinge wat baie meer kos.
Teen vyfuur is daar nie plek vir ’n muis in die sitkamer nie. Dis die Springbokke teen die All Blacks.
“Waar is Zoltan?” vra Emma vir Hendrik.
“Weet nie. Hy’t gesê hy kom nou-nou.”
“O,” sê Emma.
“Kom sit hier, Em,” sê Hendrik.
“Nee wat, ek het beter dinge om te doen.” Sy kyk oor die see van kinders en kan nie vir Janine sien nie. Net toe kom sy by die deur in.
“O, hier is jy,” sê sy. “Kom, ek moet jou vertel.”
“Wat?”
Toe hulle ’n ent van die sitkamer af is, gaan Janine staan. “Daar was ’n helse fight in meneer Plottenboer se kantoor. Jy moes dit gehoor het. Jissou, ek kon dit nie glo nie!” sê Janine met groot oë.
“Wie het met wie gefight?” vra Emma.
Janine kyk vinnig om haar rond. “Ek het nog altyd gedink sy is nie lekker in haar kop nie. Nou weet ek.”
“Van wie praat jy?”
“Tannie Mouna.”
“Ons kan nie hier praat nie. Kom ons gaan kamer toe. Willa en Anja is in die sitkamer,” sê Emma en stap vinnig voor haar uit trappe toe.
“Vertel,” sê Emma toe hulle in die kamer kom en die deur toemaak.
“Sy het tekere gegaan oor juffrou Hasendal en gevra wat hy in die mou voer.” Janine gaan sit op die bed. “Dit het geklink of sy ou Gyt wou gryp.”
Emma lag. “Dink sy nou regtig juffrou Hasendal stel in hom belang?”
“Sy beskuldig hom van allerhande goed,” sê Janine ernstig.
“Watse goed?” vra Emma.
“Die musiekkamer wat hy vir juffrou Hasendal gegee het. Sy sê vandat hy so skielik baie geld het, is sy niks vir hom nie.”
“Skielik baie geld het? Ek wonder wat sy daarmee bedoel het,” sê Emma.
“Ek wonder ook waar hy die geld kry om die sport en nou juffrou Hasendal se drama en musiek te finansier. Dis nie dat die weeskinders nou skielik betaal vir verblyf nie. Oukei, die skool en koshuis het seker ’n vet rekening, maar nog steeds, die Snopkes sit in die tronk! Daar kom nie nou baie geld in nie.”
“Hm, jy’s reg,” sê Janine. “Sy het hom ook gekonfronteer met ’n strokie wat sy in sy baadjiesak gekry het vir duur parfuum en wou weet waar die parfuum is.”
“Seker agter juffrou Hasendal se ore,” sê Emma en lag.
“Ja, en toe sê meneer Plottenboer: ‘Mouna, jy is gek. Dis wat ek vir jou verjaardag gekoop het. Ek dink jy moet ’n psigiater sien. Daar is groot fout met jou, my vrou’.”
“Regtig!” Emma is nie verbaas nie. Sy dink lankal Mouna Plottenboer het nie al haar varkies op hok nie.
“Ja, miskien wil hy van haar ontslae raak.” Janine giggel. “Ek dink dis makliker gesê as gedaan.”
“Dink jy hulle is nog in sy kantoor?” vra Emma nuuskierig.
Janine haal haar skouers op. “Ek weet nie. Hulle was nog toe ek jou gaan soek het. Kom ons gaan kyk.”
Toe hulle in die portaal kom, sien hulle Joori Appelgryn met twee blou koelsakke in sy hande besig om met Gyt Plottenboer voor sy kantoordeur te gesels. Emma en Janine stap na die kennisgewingbord.
Uit die hoek van haar oog sien Emma hoe die skoolhoof na die blou sakke, wat Joori by sy voete neergesit het, wys. “Ek sal dit sommer self kombuis toe neem,” sê hy.
“Dankie, Meneer,” sê Joori.
Toe die hoof vir Emma en Janine gewaar, praat hy opsigtelik harder. “Kom drink ’n koppie koffie saam met my na die wedstryd op TV,” nooi meneer Plottenboer en tel die twee sakke op.
Janine stamp aan Emma. “Kom,” sê sy. “Ek wil gaan bad.”
5
Donderdagmiddag, terwyl Emma besig is met harewas, kom Janine by die badkamer ingewaai.
“Hier is jy. Ek het jou oral gesoek.”
Emma draai die handdoek om haar lang donkerbruin hare. “Hoekom?”
“Ek weet ek het jou gevra om saam met my plaas toe te gaan hierdie naweek, maar my ma het nou-net gebel. Hulle moet dringend stad toe gaan en my pa kan ons nie Vrydag kom haal nie. My ma het voorgestel ons gaan bly vir die naweek in die hotel. Sy het klaar met Sarel gereël.”
“Great. Ek gee nie om nie,” sê Emma.
“Sarel is ook weg en gaan eers Sondagmiddag terug wees. Tandi gaan glo die hotel oppas.”
Op pad eetsaal toe vir aandete loop hulle vir Hendrik en Zoltan raak.
“Hi, Em. Zoltan gaan saam met my huis toe vir die naweek. Kom jy?”
Emma loer na Janine. “Nee, ek en Janine gaan vir die naweek in die hotel bly.”
“In die hotel! Ek het gedink jy kom plaas toe.”
“Ek sou na Janine-hulle toe gegaan het vir die naweek. Haar ouers moes skielik stad toe. Haar ma het gereël dat ons in die hotel bly.”
“Ja,” sê Janine opgewonde. “Ons is al so nuuskierig om te sien wat Sarel alles verander het.”
Zoltan