Эротические рассказы

. Читать онлайн книгу.

 -


Скачать книгу
het die kolonel verduidelik. “Dit sal net hoëprofielsake ondersoek en voorkeurbehandeling by ons forensiese dienste kry. Al die ander frustrerende en tydrowende adminprosesse sal nie vir die Spookeenheid geld nie. Die lede sal soms sy aan sy met die Valke werk om die druk op hulle te verlig. Die idee is om ’n eenheid in die SAPD te skep wat vinnig en hard op ernstige misdadigers kan toeslaan. Vaartbelyndheid word gewaarborg – net mooi niks moet in die eenheid se pad staan om sy werk te verrig nie.”

      Kassie het geswig voor dié geelwortel van ’n doeltreffende eenheid. As hy eerlik moet wees, wou hy dalk ook nie uit sy SAPD-gemaksone beweeg nie. ’n Skuif na die privaat sektor om vir die Afrika-buro van Sekerheidsdienste te gaan werk, sou te veel aanpassings verg, het hy oplaas besluit.

      Hy het egter een voorwaarde gestel: Sy jare lange kollega by die Nuweland-polisiestasie, sersant Rooi Els, moet saam met hom oorgeplaas word sodat hulle as ’n span kan werk. Hy’t nie kans gesien vir ’n nuwe partner nie. Die kolonel het dit teensinnig aanvaar. Rooi was in die wolke oor sy loopbaanhupstoot.

      Die oorplasing het nie in ’n oogwink gebeur nie omdat die Spookeenheid nog nie bestaan het nie. Kassie en Rooi moes nog vier maande by Nuweland vasbyt. In dié tyd het die stasiebevelvoerder, kolonel Daniels, uit sy pad gegaan om die lewe vir hulle onaangenaam te maak. Hulle is toegegooi met elke denkbare klein sakie wat gewoonlik vir groentjiespeurders gereserveer word. Dit was Daniels se manier om wraak te neem op hulle “verraad deur die stasie te verlaat”, soos hy dit gestel het.

      Eers twee maande gelede het Kassie en Rooi hier op die derde verdieping van die gebou in Buitenkantstraat ingetrek. Dis vir Kassie ’n vreemde kantooromgewing, sonder ’n uniform in sig. Net ’n bevelvoerder, sekretaresse en ses speurders (drie spanne van twee elk) sal aanvanklik aan die proefneming deelneem, saam met ’n soortgelyke eenheid in Johannesburg.

      Hulle staan bekend as die Spesiale Spookeenheid – “spesiale” is op die laaste nippertjie bygevoeg om hulle te onderskei van die Kaapstadse munisipaliteit se Spookeenheid teen verkeersoortreders. Die Afrikaanse afkorting van die eenheid, SS, mag onder geen omstandighede gebruik word nie “weens die negatiewe konnotasies”, het hulle nuwe bevelvoerder beveel; daar moet te alle tye gehou word by SGU (Special Ghost Unit).

      “Die poephol wat die naam uitgedink het, het natuurlik geen idee van Afrikaans nie,” het Rooi nog gespot. “Seker gedink die vertaling van ghost is gees.”

      Nog ’n wending was dat die hele span speurders eers vir ’n maand na die polisielaboratorium in Plattekloof gestuur is om heropgelei te word om moordtonele na behore te benader. “Ek wil seker maak hierdie eenheid ploeter nie rond soos van julle kollegas die afgelope paar jaar in soveel hoëprofielmoordsake nie,” het die brigadier gesê.

      Terug op kantoor is daar die afgelope maand nog net twee moordsake aan die SGU toegewys. Die ander twee speurspanne is daarmee belas, en Kassie en Rooi moes hulle maar intussen besig hou met die deurlees van pakke en pakke opleidingsmateriaal. “Dis sodat julle kan verstaan watter hoë verwagtinge ek aan my speurders stel,” het die brigadier gesê.

      Kassie kyk op toe Rooi instap met ’n botteltjie Creme Soda en ’n vleispastei in die hand. Hy plak die koeldrank op Kassie se lessenaar neer.

      “Bliksis!” kla hy. “Ek gaan nie eens tyd kry om my paai te eet nie. Toe ek van die kêffie af inkom, sê daai suurpruim-sekretaresse ons moet kom insit by die terugvoersessie van Colyn-hulle se moordsaak.”

      “Hoekom?”

      Rooi haal sy skouers op. “Brigadier se orders.”

      Kassie staan op. “Nou laat ons dan maar loop. Sy dink seker ons kan iets daar leer.”

      Rooi snork verontwaardig. “Sy hanteer ons soos rookies.”

      Kassie knik. Soos Rooi sukkel hy ook nog om brigadier Shaheena Fortuin te peil.

      * * *

      Frankie sit sy hand op Sue s’n. “Nog net ’n paar slapies, my skat.”

      Haar oë blink. “Hoe klink bobotie en geelrys vir jou eerste ete by die huis?”

      “My all-time favourite!” Hy druk haar hand. “En dis nie nodig om poeding te maak nie, jý gaan dit sommer vir my wees.”

      Sy lag, skud haar kop. “Dit voel nog heeltemal onwerklik dat jy gaan uitkom.”

      “Ek weet … Vir my ook.”

      “Voor ek vergeet,” sê sy opgewonde, “daar was vanoggend ’n advertensie in die classifieds van ’n ou tannie wat haar oorlede man se boekversameling wil verkoop. Ek’t gebel. Sy praat van amper ’n duisend boeke … volledige stel Langenhovens en ’n klomp ander ou Afrikaanse boeke, meestal fiksie.”

      “Hoeveel vra sy?”

      “Agthonderd rand, maar sy sal minder ook vat. Sy wil net daarvan ontslae raak.”

      “En wat sê jy toe?”

      “Dat ek eers met jou moet praat.”

      Frankie wil haar nie nou al vertel van Ludick se negatiewe houding oor sy boekwinkelplanne nie. Hy wil eers seker maak of ’n paroolbeampte by magte is om so voorskriftelik te wees.

      “Sê ek stel belang, maar ek kan eers later kom kyk.”

      Die teleurstelling wys op haar gesig. “En as iemand anders jou voorspring?”

      “Dan aanvaar ons dit so. Nie die einde van die wêreld nie. Daar sal ander geleenthede kom.”

      Sy knik, glimlag. “Dokter Roos se seun is ’n graphic designer. Ek’t hom gevra om solank ’n logo vir die winkel te ontwerp. Hy sal dit verniet vir ons doen.”

      Hy gee haar hand weer ’n drukkie. “Jy’s ’n ster!”

      * * *

      Net ’n halfuur ná Willie se oproep is daar ’n dawerende klop aan die deur.

      Viking staan breed en met ’n groot glimlag daar toe hy oopmaak. Sy blonde krulhare is langer as in sy polisiedae en sy gesigplooie het vermenigvuldig, maar sy gestalte is nog net so fors, die bynaam Viking steeds gepas.

      Hy gryp Willie aan die skouers en skud hom soos ’n lappop rond. “As jy nie so lelik was nie, het ek jou nou ’n soen gegee,” lag hy. “Dis goed om jou weer te sien! Magtig, maar jy’s nou éérs ’n ou seningbiltong. Eet jy nie in Amerika nie?”

      Willie lag net en beduie hom na die leunstoele in die sitkamertjie.

      “Bleddie impressive suite dié,” sê Viking terwyl hy rondkyk.

      Willie skink vir hulle die koffie wat hy reeds bestel het. Hulle gesels oor ditjies en datjies. Viking vertel hom van die gesukkel met sy kafee.

      “Die mense wat vir jou werk, steel meer as die customers. Ek het ook nie meer kans gesien vir die lang ure nie. Die plek uiteindelik vir next to nothing verkoop.” Hy lag verleë. “Ek’s nou ’n redelike ou bankrotgat.”

      “Hoe klink ’n kwartmiljoen rand om jou weer op jou voete te kry?”

      Viking fluit deur sy tande. “Fok, wat praat jy! Sê net wat ek moet doen en dis gedoen.”

      “Ek verteenwoordig ’n kliënt in Amerika.” Willie verduidelik die opdrag sonder om na MacArthur, sy posisie of sy motiewe te verwys. “Jy gaan dit nie alleen kan hanteer nie, want ek gaan nie by die operasionele sy betrokke wees nie. Ek sal wel van die kantlyn opdragte gee, maar ek soek iemand wat jou kan help, iemand wat ons kan vertrou. Daar’s vir hom ook ’n kwartmiljoen op die spel.”

      Willie het Viking fyn dopgehou terwyl hy gepraat het. Die man het nie een keer teruggedeins oor wat van hom verwag word nie, wat ’n goeie teken is.

      Maar nou frons Viking. “Hoekom kan ek of my partner nie sommer ook die joppie in die hotel afhandel nie?”

      “Te gevaarlik. As iets sou verkeerd loop en julle word vasgetrek, kan my blote teenwoordigheid in die land vrae laat ontstaan. Dit kan my kliënt ook in die spervuur plaas. Jy


Скачать книгу
Яндекс.Метрика