Ena Murray Omnibus 26. Ena MurrayЧитать онлайн книгу.
goed klaar nie? Want ek het al gemerk . . .”
“Dis geen geheim nie,” antwoord sy wrang. Dan kyk sy hom vas aan. “Clive, asseblief, moenie dit vir my moeiliker maak as wat dit reeds is nie. Daar is niks meer tussen ons nie. Aanvaar dit nou so, asseblief.”
Sy stap by hom verby en hy kyk haar ontevrede agterna. Dan verskyn daar ’n gedetermineerde trek om sy mond en lyk hy op hierdie oomblik baie na sy neef wanneer hy op sy beslisste is.
Anmar glip by tant Liefie se kamer in uit vrees dat hy haar miskien gaan volg.
“Wat makeer, kind? Dit lyk of die spoke jou al weer jaag.”
Sy kyk tant Liefie agterdogtig aan. Word alles wat sy en die tante bespreek aan ’n sekere “spook” oorgedra? Sy kies haar woorde versigtig: “Ja, tante, maar ek begin nou moeg word vir hierdie speletjie. Op ’n dag gaan ek net stilstaan en toelaat dat die spook my vang. ’n Mens raak moeg van hardloop.”
“En dan, kind?” wil tant Liefie grootogig weet.
“Dan, tant Liefie, moet maar kom wat wil. Lekker slaap.”
Конец ознакомительного фрагмента.
Текст предоставлен ООО «ЛитРес».
Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.
Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.