Ena Murray Omnibus 37. Ena MurrayЧитать онлайн книгу.
aan die man langs haar ook moet aanbied en sal verplig wees om haar kop in sy rigting te draai.
Dokter Horst probeer steeds sy bes om beleef en vriendelik te wees. “En jy, juffrou? Wat dink jy daarvan?”
Die bos hare skud en swaai en die stemtoon is hees: “Goed. Goed.”
Nou frons hy behoorlik. “Is jy verkoue?”
Jan se senuwees knak. Hy kan die drama in ’n operasieteater goed hanteer. Hy is daarvoor opgelei. Maar hierdie soort drama kan hy nie hanteer nie. “Nee, dokter, sy makeer niks. Lig op jou kop, Elke, dat die man jou gesig kan sien.” Hy kyk verskonend na sy senior. “Dit was nie my idee nie. Maar u het tog seker uit die staanspoor geweet wie langs u sit.”
“Nee, ek het nie ’n idee gehad wie agter daardie bos hare skuil nie, maar . . .” Die sluier word met ’n besliste hand weggevat en die met grimering gekamoefleerde sproetgesiggie is weerloos voor sy priemende blik. Dan laat hy die hare terugval en die ysige vraag word aan sy kollega gestel: “Is sy darem nie ’n bietjie jonk vir jou nie, dokter Swanepoel?”
Jan sluk. Wat op aarde kan hy antwoord? “Hulle moet die een of ander tyd begin grootword, dokter.”
’n Onheilige stilte daal neer. Nou is dit Elke wat skielik knak. Die sluier swaai soos sy haar gesig in sy rigting keer. “Presies! Dis presies wat jy gister vir my gesê het, onthou? Dis tyd dat ek grootword! Wel, dis wat ek besig is om te doen.” Jan kry ’n stamp in sy sy. “Toe, Jan! Loop! Hulle gaan ons nog vannag hier toesluit.”
Elke druk sommer ongeskik ’n pad vir haar tussen die mense oop na buite en die arme Jan moet maar net agternakom. Toe Horst buite kom, is daar geen teken van hulle nie. Fronsend stap hy met lang hale na sy motor.
“Nee, moenie nou dadelik terugry huis toe nie. Ou Bemoeisiek sal ons tien teen een daar inwag en die leviete voorlees. Jy ken hom nog nie. Hy kan knaend wees.”
Jan sug. “Nou goed dan. Kom ons gaan drink maar êrens ’n koppie koffie. En maak oop daardie sjokolade. Ek moet darem verduiwels iets van hierdie aand geniet!”
Конец ознакомительного фрагмента.
Текст предоставлен ООО «ЛитРес».
Прочитайте эту книгу целиком, купив полную легальную версию на ЛитРес.
Безопасно оплатить книгу можно банковской картой Visa, MasterCard, Maestro, со счета мобильного телефона, с платежного терминала, в салоне МТС или Связной, через PayPal, WebMoney, Яндекс.Деньги, QIWI Кошелек, бонусными картами или другим удобным Вам способом.