Эротические рассказы

Koors. Deon MeyerЧитать онлайн книгу.

Koors - Deon Meyer


Скачать книгу
het Pa dit gesien?”

      “Ek het gedink, wat sou ek gedoen het as ek hulle was? As ek die ligte so aan het, soos ’n kers wat motte gaan lok.”

      “Jinne,” sê ek in verwondering. “Maar hoe gaan vislyn iemand keer?”

      “Kom,” sê Pa en beduie ek moet hom volg. Hy loop al met die vislyn langs, tot waar dit oor die noodreling langs die pad strek.

      “Kyk.” Ek sien die vislyn is aan iets vasgemaak.

      Pa hou sy mond hier by my oor. “Dis ’n ligfakkel. As mens die vislyn aanraak, skiet die fakkel in die lug in. Dan weet hulle jy kom.”

      Hy gee my kans om te kyk. “Hierdie ouens … Ons moet baie versigtig wees. Maak seker jy klim onder die lyn deur.”

      Ons loop verder, nou baie stadiger. Ek probeer ook nou waaksaam wees. Ek wonder wat maak die Jeep-mense as hulle na hulle huis toe ry? Lig hulle die vislyn op?

      Pa sien die volgende een ook eerste raak. Net ’n blok van hulle huis af, skaars tweehonderd meter ver. Dit is laag gespan, laer as my knieë. Hy keer met sy hand, hy beduie, hy praat nie. Ek sien ’n paar reëndruppels aan die vislyn hang. Dis hoe Pa dit raakgesien het. Ek het nie ondertoe gekyk nie, ek het gedink al die ligfakkel-lyne word hoog gespan.

      Ons klim oor. Gee drie, vier treë. Pa staan, hou sy hand om te wys ek moet ook. Hy kyk na die Huis van Ligte teen die rant, wat so helder skyn. Dit lyk vrolik, verwelkomend. Maar daar is nie beweging of menslike geluide nie, geen ander teken van lewe nie.

      Pa trek die geweer van sy skouer af, hou dit in sy hande. Hy loop nie vorentoe nie, hy kyk net, stip, na die Jeep-mense se huis. Dan links, na die ry kleiner, donker huise wat daar ingeryg is. En regs, waar daar net oop veld is.

      Iets pla vir Pa.

      ’n Jakkals huil, sommer hier anderkant, teen een van die heuwels.

      Ek wil omdraai. Ek wil Volvo toe gaan, ek wil ry. Die drukking, die humiditeit, die ding van gister roer in my soos ’n ondier in donker water.

      Ek haal my geweer ook van my skouer af.

      Pa buk effe vooroor, asof hy homself kleiner wil maak. Hy begin weer loop, nog stadiger. Kort-kort gaan hy staan. Honderd-en-vyftig meter van die Lighuis af. ’n Uil roep uit die veld uit, bo die sagte geruis van insekte.

      Ons het net kom verken, hoekom hou hy aan met loop?

      Op amper honderd meter van die huis af vlieg ’n vlakhaas meteens uit die struike links van ons. Die skrik laat my na my asem snak. Hard. Pa versteen net, kyk stadig na my. Ek wil ekskuus sê, maar hy druk my skouer om te sê hy verstaan.

      Hy draai na my toe, druk sy mond tot teen my oor. “Sien jy die rots?” vra hy saggies en wys na regs. ’n Klip so groot soos ’n yskas het met die heuwel afgerol en lê op die sypaadjie.

      Ek knik.

      “Wag daar by hom. Ek gaan nog net so ’n entjie vorentoe.”

      Toe ek huiwer, sê hy: “Jy sal my heeltyd kan sien.”

      Ek knik.

      Hy wag. Ek loop na die rots toe. Ek kyk mooi waar ek trap toe ek van die teer afgaan. Die rots is so hoog soos my bors. Ek sit my geweer daarop neer, sodat ek deur my teleskoop kan kyk as dit nodig is. Ek lê teen die klip. Dit voel koud.

      Pa gee ’n tree vorentoe. Staan stil. Nog ’n tree. Stil. Tree, staan. Die gloed van die huis se lig strek tot hier. Ek kan Pa sien, sy lyf so effens krom, sy hare lank en deurmekaar.

      Hy tree, hy staan, hy luister en kyk. Tree, staan, luister, kyk. Verder en verder vorentoe, weg van my af. Hoekom so stadig en so versigtig? Daar is geen beweging, geen geluide, niks nie, behalwe die helder fort voor ons. Hy sal vislyn maklik kan sien, so naby aan die lig. Miskien is die Jeep-mense en die geslaande vrou lankal weg, miskien het hulle vergeet om alles af te sit, miskien was die ligfakkels net ’n grap, ’n poets. ’n Ewigheid, die tyd staan stil, hy is tien treë weg, dan vyftien, dan twintig, ek sien sy rug, al hoe kleiner, ons het net kom verken, Pa, ons het genoeg gesien, daardie tannie is nie meer hier nie, kom ons gaan terug, kom ons ry, vyf-en-twintig treë, Pa is ver, naby aan die ligkol, hy lyk klein.

      Ek wil nie vir Pa so sien nie, ek wil nie nou hier wees nie, iets eet my van binne af.

      “Hei,” sê ’n stem. Pa skrik en swaai na links. Ek sien die man daar staan. Dit is Spiere. Hy het die groot rewolwer in sy hand, besig om dit te lig. Sy stem klink verbaas.

      Pa het die geweer reg. Hy skiet nie.

      Spiere lig die rewolwer.

      My pa skiet nie.

      ’n Skoot wat klap en galm, Pa wat val.

      10

      Pa val. Die heelal staan stil.

      My hele lyf sidder, die eggo’s van die swaar rewolwer se skoot dawer oor my en die rots, dit ruk die drukking in my kop los en ek weet op daardie oomblik wat ek gister ervaar het, die angsaanval, die woede. Ek was nie kwaad vir die honde en hul verraad nie, ek was nie skaam omdat ek na my ma geroep het nie. Ek was kwaad vir my pa. Ek was kwaad vir hom omdat hy so klein en so bang en so verlore gelyk het by die vulstasie, met die honde wat grommend om hom sirkel. Ek was kwaad omdat hy my nodig gehad het om hom op daardie oomblik te help, en ek was nog nie reg daarvoor nie. Ek was kwaad omdat ek hom anders gesien het, die oggend ná die honde, toe Pa so versigtig uit die Volvo se kajuit klim, met die .300 CZ-jaggeweer oor die skouer en ’n Beretta in sy hand. Hy het so deur die honde-karkasse geloop, met klein treetjies, sy lyf styf en seer ná die aanval en die nag se slegte slaap. Toe sien ek iets, daar bo uit die vragmotor uit, maar ek wou dit nie sien nie.

      Pa was kleiner. Minder.

      Nou die aand, toe hy so op die nippertjie my mond toedruk en die pistool bewe in sy hand en die Jeep-manne is buite, toe voel ek dit, maar ek wou dit nie voel nie.

      Ek was kwaad omdat Pa siek was. Swak was. Nou is ek kwaad omdat hy daar val in die donker. Sy geweer was reg, hy het gesien Spiere gaan skiet, maar Pa kan nie ’n mens skiet nie. Hy kan nie.

      Eergisteroggend, toe hy so wild wakker word, toe weet ek, toe sien ek, toe verstaan ek, maar ek wou dit nie weet nie.

      Dit alles vuur my kwaad aan, sodat ek daar agter die rots wil opstaan en na Pa toe loop waar hy in die ligkring van die huis teen die rant op die teer lê, ek wil vir hóm uitskel, al het ek nie op daardie oomblik die volle begrip en die toerusting en die woorde om te verstaan waarom nie. Jare later sal dit sin maak: Daardie nag, 24 Maart in die Jaar van die Hond, is die Oomblik van die Tweede Groot Verlies. Die eerste was my ma en my lewe soos dit was. Die honde en hulle bakterieë en die Jeep-manne en Pa se koors het my weer beroof. Hulle het my ontneem van die beeld van Willem Storm as die onfeilbare beskermer, die alwetende lewensgids. Hulle het my beroof van my pa as heldefiguur.

      Voor die aand op Koffiefontein was hy groot en sterk en slim. Onfeilbaar. Vir die laaste keer.

      Ek lê daar teen die rots, ek kyk na Pa waar hy geval het. Ek sien sy deurmekaar hare in die gloed van die Lighuis, ek sien my pa vir die eerste keer soos hy is: ’n skraal man van gemiddelde lengte. Tenger. Broos. Bang. Breekbaar. Sterflik.

      Ek skiet vir Spiere. Ek sien hom links van Pa, in die deurmekaar, vergroeide tuin van een van die ander huise. Hy is afgeëts teen die lig, hy gooi ’n lang skaduwee, die groot rewolwer voor hom uitgestrek. Ek swaai die teleskoop daarheen en ek skiet hom, soos ek geoefen het, op blikkies en klippe langs die pad die afgelope vyf of ses weke. Ek skiet hom deur die kop, en ek neem my oog weg van die teleskoop, ek kyk na Pa, ek sien nog ’n beweging, agter Spiere, dieper die donker in. Dit is die man met die lang hare. Hy kom aan na die sypaadjie toe. Ek swaai die geweer, en ek mik en ek skiet hom met die Tikka .222, ek skiet hom bokant sy regteroog, in sy voorkop, die bloed maak ’n donker sproei teen die lig en hy val.

      Dit is die kwaad wat my laat skiet, die verskriklike kwaad.

      Ek hardloop in die pad af na Pa toe. Ek struikel amper oor die


Скачать книгу
Яндекс.Метрика