Эротические рассказы

Gerugte van reën. André P. BrinkЧитать онлайн книгу.

Gerugte van reën - André P. Brink


Скачать книгу
oor ek met ’n klein Union Jack in die straat geloop het. Alles was beperk tot gerugte, ons lewe lank eintlik. Miskien hét mens behoefte om darem een keer in jou lewe jou nietigheid, jou hele bestaan, alles wat jy het, op die spel te plaas teenoor iets geweldigs. Ander mense, ander generasies, in ander omstandighede, word teen wil en dank daarin gedompel. Ons kennis was tweedehands; ons moes op soek gaan na ’n werklikheid. In destyds se stapels aantekeninge, dink ek, het die nadruk vir my geval op die soek na heroïek, die nodigheid om te wéét van iets groots en ontsettends. Nou lyk dit my eerder of die teendeel ter sake was: nie ons heldhaftigheid nie, nie die ekstase van heroïek nie, maar juis die beleef van ons eie verskriklike kleinheid.

      Daar was één stroomversnelling, so ’n vier dae nadat ons van Aliwal af weg is, waar die rivier van ’n lui, breë plaat water baie skielik tussen regop rooi kranse deur vernou het tot seker nie meer as vyftig tree nie, ’n rasende stroomversnelling van spierwit skuim tussen skerp rotsriwwe deur. Ons het die ongewone dreuning van ver af gehoor, maar nie behoorlik besef wat dit voorspel nie. Toe ons ons kom kry, is ons om die draai in die voorloper van die versnelling. Vir die eerste keer het ek besef: dis nou g’n avontuur nie, g’n gewone gevaar nie: hier kan mens jou lewe verloor. Maar dit was onmoontlik om koel te dink. Gedagtes is opgeskort toe ons daardie noute inskiet. Angs? Seker, onvermydelik. Eerder ’n soort doodsekstase. Daar was werklik niks dappers omtrent nie. Júís nie. Dit was so ’n nietigheid om in daardie skeur in te pyl, so ’n totale sinloosheid, dit was amper obseen. Ons kón nog die kano’s kant toe stuur en uitklim en oorland gaan tot anderkant die versnelling, maar nie een van ons het dit eens oorweeg nie. Ek weet nie van Bernard nie, maar ek het byna gevoel ek wil hê dat as daar ’n ongeluk gebeur, die mense moet sê: “Maar my God, vir wat was hulle so dêm onnosel?”

      Na die eerste stuk of vyftig tree was daar ’n bog in die ravyn. Bernard was ’n entjie voor my. Ek het net gesien hoe sy kano vorentoe skiet asof ’n hand dit beetkry en wegsmyt. En eensklaps was die branders sewe voet, agt voet hoog. In daardie oranjebruin maling in het hy om die draai verdwyn. En miskien is dit die één beeld wat ek altyd van hom sal behou, lank ná die toneel in die hofsaal uit my weggesak het: die regopheid van sy lyf, sy smal kaal rug en die donkerblou baaikostuum, en die nat wit hare, en die spiere op sy skouers soos hy sy spaan swaai om sy ewewig te probeer behou.

      Toe hy voor my om die draai wegraak, toe weet ek net: Nou’s dit ek.

      En daar is ek ook in die versnelling in. Ek kon niks sien deur die stortende water nie; niks hoor nie, behalwe daardie dreuning asof daar donderweer onder die aarde rammel. En onderkant die bog het die stroom ons uitgesmyt in ’n kuil waar alles in die rondte tol tussen nat moswande so hoog dat die son jou nie onder bykom nie. Iets het geskreeu – ’n visarend, het ek agterna gedink, so ’n onaardse geluid: tog seker nie ek of Bernard nie – en tussen die wande het dit weergalm soos ’n splinter wat in jou oortrommel steek.

      Bernard was nog daar voor my, sy kano ’n oomblik soos ’n tol aan die tol voor hy dit weer onder beheer kon kry. Daar was ’n boomstomp ook, skuins voor hom, ’n yslike wilger wat êrens met wortel en tak uitgeruk is. En ons het gesien hoe dié ’n keer traag in die rondte draai en toe inpyl na die hart van die kolk in die kuil en doodeenvoudig verdwyn en nie weer opkom nie.

      Ek het iets vir hom geroep; en hy vir my. Ons het met verspotte geweld begin roei. Verniet, natuurlik. Teen daardie malende water was ons minder as okkerneutdoppies. Maar op die een of ander manier het dit tog gebeur dat ons by die kolk se oog verby is, net-net teen die rand verby. En sonder dat ons eintlik bewus was van hoe dit gebeur het, het ons verder afgedryf, in ’n nuwe breedte in, tot die water ons vanself teen die kant uitgestoot het. Daar het ons uitgeklim en die kano’s op die wal gesleep, en ons nat goed losgeskud, en in die son gaan lê en bewe. Nie een van ons het ’n woord gepraat nie. ’n Halfuur later het ons begin vuur maak, rooster opgesit, wors gebraai. En toe gaan sit en eet. Nog steeds kon nie een van ons praat nie, want daar was niks van wat gebeur het waar ons met woorde kon bykom nie.

      Dit was ons enigste artikulasie van alles wat ons deurlewe het: om daar te sit en wors eet.

      Nou sit ek hier, in dié blou en ougoud kamer, met ’n hele leeftyd in ’n noute en ’n kolk. Die noute van één naweek toe alles op die spel was. En ek weet nie hoe om daarby uit te kom nie: net dat ek moet.

      Wat ek wil weet, is: Waarom laat jy my nie met rus nie, Bernard Franken? Ek het daar tog niks mee te doen nie. Niemand kan mý verantwoordelik hou vir wat gebeur het nie.

      Charlie Mofokeng: “Natuurlik hou ek jou verantwoordelik. Vir jou en vir elke ander witmens in die land.”

      “Nou’s jy onredelik, Charlie. Ek het vandag se situasie geërf net soos jy. Nie een van ons is tog te blameer vir wat ons voorvaders gedoen het nie.”

      “Dis nie waarvan ek jou beskuldig nie. Wat ek jou verwyt, is dat die geskiedenis jou niks geleer het nie.”

      “My geskiedenis het my daarvoor toegerus om in hierdie land te oorleef!”

      “Dink jy so? Jou geskiedenis het jou hoogstens geleer om ander te wantrou. Jy’t nooit geleer om met ander saam te leef of te deel nie. As jy in ’n noute gedryf is, het jy jou wa gepak en weggetrek of met jou geweer dooierus op die Bybel geneem en geskiet. Op ’n oop vlakte het jy laer getrek. En as jy grond wou hê, het jy dit gevat. Met of sonder die voorwendsel van ’n ‘kontrak’.”

      Dié soort skerp eensydigheid was kenmerkend van Charlie Mofokeng. Ek het hom nooit heeltemal ernstig opgeneem nie – net so min, seker, as wat hy my sonder ’n knippie sout geneem het. Tussen ons was dié soort argument, so het ek my dit altans voorgestel, ’n intellektuele oefening. Knap man. Wat in party kringe met waardering en in ander met argwaan ’n “slim kaffer” sou heet. BCom van Fort Hare; en toe nog ’n graad aan Cambridge. Klein mannetjie, biltongmaer, ietwat koddig van postuur soos ’n boompie wat een winter deur ryp geknou is en eers na ’n ruk weer skewerig verder gevorder het. Met Cassius se lean and hungry look verskans agter ’n bril veels te groot vir sy gesig. En met ’n glimlag wat pal soos ’n rou wond oor sy gesig lê.

      Ek dink as ons mekaar oorsee ontmoet het, sou ons groot vriende kon geword het. Soos ek en Welcome Nyaluza destyds: nie net oor die gebrek aan sosiale druk dit moontlik gemaak het nie, maar oor ’n soort spontane neiging wat ons, soos ystervylsels wat mens met ’n magneet uit ’n sandmengsel onttrek, in dieselfde spanningsveld laat beland het. Goed, ons het ’n gesamentlike renons in die Engelse gehad (Charlie ook). Maar ook (as ek nou, soos destyds, mag romantiseer): in daardie noordelike atmosfeer het ons in mekaar en vir mekaar ons suidelike wêreld werklik gehou. Daar ver oorsee was ons verbind deur dié land; en tog ook, eienaardig, daarvan bevry. Binne-in ons, soos gene, was die bitter bossies van die Karoo, die stroewe heide van die berge, bloeiende sonsondergange en nagte vol sterre, boorde en wingerde en windverwaaide mielielande, klippe aangevreet deur duisend eeue, die oopgeskopte mierneste van stede, die stof van stofstrate in dorpe, die blou lampe voor polisiekantore en die onbesonne gejubel van kwêlafluite, die klik-klik-draf van tarentale in droë gras en die trippelspoortjies van strandlopertjes, die ruik van boegoe en rookvure: ons het saam daarna verlang, en daaroor gepraat as ons soms eenuur snags by ’n slotmasjien kartonnetjies melk koop en dit op die sypad sit en drink.

      Iets hiervan het ek op Charlie oorgedra. Ek weet nie presies waarom nie, miskien het sy onverwagte groot basstem my aan Welcome herinner; miskien maar net oor hy die enigste swartman is wat ek min of meer “ken”, sodat ek my moet beroep op wat ek voorheen van so iemand geken het. Maar dit het nooit heeltemal oopgeraak tussen ons nie. Vanselfsprekend nie. Ons kom by die werk met mekaar in aanraking en korswel soms, of redeneer of hou beraad. Daar was natuurlik ook die keer in Soweto. En ek het hom ’n paar keer oorgenooi as ons besoekende buitelanders moes onthaal. Maar dit is bietjie moeilik met die bediendes. Hulle verstaan nie so iets nie en mens probeer ongemaklike situasies vermy.

      Maar ek en Charlie kom goed klaar. Ek dink ek kan sê dat ek as Afrikaner my swartman ken. Ons het tog in hoë mate dieselfde agtergrond, dieselfde plaasherkoms; ons het oor ’n paar honderd jaar met die land en die elemente self kennis gemaak en nie maar later agternagekom en verower soos die Engelse nie; en ons is albei, hoe detribalised ook al (dit is sy eie argument dié), gekondisioneer deur dieselfde stambewustheid. Op ’n


Скачать книгу
Яндекс.Метрика