Эротические рассказы

Inboekeling. Hans du PlessisЧитать онлайн книгу.

Inboekeling - Hans du Plessis


Скачать книгу

      Die groepie mense kom voor die smidswinkel se deur tot stilstand, asof dit vooraf só afgespreek is: ’n oeroue ritueel in dood se stilte. Uit respek vir die dooie smid haal die patriarg sy hoed af en buig sy hoof. Hy kyk vlugtig na die weduwee wat met haar hande oor haar gesig eenkant bly staan het. Die patriarg kug voordat hy die grendel wegskuif en die swaar deur blikkerig begin oopmaak. Niklaas neem die deur by sy oupa en trek dit verder oop. Voor hulle is die smidswinkel met sy ysters en gereedskap, kettings en meer as een aambeeld. Die groot houtvat met water. Dan die koue vuurherd en die pap blaasbalk, en ’n lagie rooi stof oor die stilte.

      Die twee Coetzee-dogters gaan weerskante van hulle ma staan, met Patrys reg agter hulle. Die vroue loop nie een in die winkel in nie.

      “Ons los jou hier, Neef,” sê die patriarg skor. “Ek sal later kom kyk wat jy uitrig.”

      “Ek sal hier bly, Oupa, netnou vlug hy.”

      “Los maar, Niklaas, ek het klaar gesien hy sal nie weghol nie.”

      Op die terugtog het elke gesin by hulle eie werwe ingedraai, en die patriarg was al onder die dak oor sy stoep, toe staan Japie Nie­mand nog net so alleen voor die oop deur van die smidswinkel.

      7

      Hy bly verbysterd voor die oop deur van die smidswinkel staan, staar met ’n oop mond na die binnekant van die groot vertrek, son­der dat iets daarin by hom registreer. In sy toe vuis sweet die twee stukke staal van die sieleherder se slagveer.

      Hoe is sy pa dan nou nie in die winkel nie?

      Hy kom nie eers agter dat die ander op die patriarg se hakke te­rugtou na hulle eie werwe toe nie.

      Japie Niemand, het ek eers later, toe ek hom beter leer ken het, verstaan, kon toe nie voel nie, en hy kon nie dink nie. Hy ís nie.

      Hy bly leweloos staan, ingeboek in sy eie onvermoë.

      Alles ruik na koue yster.

      Dan begin die binnekant van die smidswinkel stuk-stuk vir hom sin maak. Dit is nie Elders se smidswinkel nie, maar die kettings wat in die middel soos trosse aan ’n paal hang, lyk vir hom bekend. Die groot aambeeld met die swaar hamer net so neergesit; die bank­skroef. Tange en hamers aan hake teen die growwe mure. Die handblaasbalk aan ’n spyker teen die oorkantste muur tussen vyle. Net binne die deur staan die halwe houtvat met die koperringe, half­vol ou, donker water. Anderkant die aambeeld is die vuurmaak­plek op die blad van gemesselde klip. Die tuit van die blaasbalk lê koud in die wit as en die leerstroke hang pap tussen die blaaie. Die pompbalk lyk asof dit net so in die lug gelos is, asof sy pa net gou ’n draai gaan loop het. Alles wag op die terugkeer van die grof­smid wat binnekort terug sal wees, want dit is duidelik dat hy nog nie opgeruim het nie.

      Sy pa is seker net gou uit, en as hy terugkom, kan hy hom vra hoe ’n mens ’n stukkende slagveer weer kan regsmelt.

      Japie aarsel op die drumpel. Die hoed is terug op sy kop, laag oor sy oë getrek. Stadig lig hy sy regterhand en hy maak sy vuis versigtig oop asof die slagveer sou kon wegvlieg uit sy palm uit die niet in. Moeisaam gaan die vingers een vir een oop totdat die twee stukke veer nat en blink in die son lê wat van bo af op die sweterige handpalm skyn. Hy weet hoe ’n slagveer lyk. Sonder om van sy oop hand af op te kyk, tree Japie die smidswinkel binne. Vir ’n oomblik is die veer op sy hand weg, totdat sy oë aan die skemer in die kamer gewoond is. Die veer is presies op die buig gebreek. Dit sal weer gesmee moet word sodat dit soos ’n krom wys­vinger ’n gebuigde veer is, en wat terug kan pas in die geweer se slot. Japie hou sy regterhand oop en buig sy wysvinger. Dis amper hoe ’n slagveer lyk as dit reg is.

      Vir nog ’n wyle bly hy so staan en konsentreer op sy gebuigde vinger, dan kyk hy weer na die twee stukke in sy hand. Versigtig plaas hy die twee ystertjies op die aambeeld, draai dit op die sy­kante, en skuif die twee stukke sorgvuldig na mekaar toe, stadig totdat die dele op die buig teen mekaar lê. Presies, asof die veer nooit gebreek was nie. Dit is hoe die slagveer moet lyk as hy dit klaar aan mekaar gesmelt het.

      Hy kyk op. Hier is nie eers ’n vuur wat brand nie.

      “Pa,” sê Japie hardop, “hoe maak ’n mens ’n slagveer reg, Pa?”

      Die stilte tuit in sy ore.

      Op ’n keer, dink hy nou, het hy tog sy pa met ’n slagveer gehelp. Hy konsentreer op die veer wat op die aambeeld lê. Hy kan nie onthou nie.

      Skielik onthou hy nie eers meer sy pa se gesig nie. Net ’n klomp vreemde mense. Op Elders kon hy met sy broers gesels, by sy sus­ter gaan skoorsoek, of sy ma vir koffie loop vra. Hulle was altyd daar. Hier is niemand nie. Nou staan hy alleen in die smidswinkel op ’n vreemde plaas waarvan hy nie eers die naam ken nie. Ook nie die mense nie.

      “Waar is Elders, Pa? Ouboet het geweet, maar hulle het hom dood­geskiet. Nou moet ek wat Japie Niemand is in ’n vreemde smidswinkel op ’n vreemde plaas vir vreemde mense werk, want ek kan nie wegloop nie omdat ek nie weet waarheen nie.”

      Hulle sê hy moet in hulle winkel werk, maar hy het op Elders nooit alleen gewerk nie, hy moes net sy pa help. Tange vashou, hamers of vyle aangee. Partykeer stukke yster deursaag of die blaasbalk pomp of die vuur stook. Hy het nog nooit alleen ’n slag­veer reg moes maak nie.

      Nou is hy alleen.

      Die oom sal my wegjaag as hy sien ek is nie ’n regte smid nie. As jy lieg, word jy gestraf, het hy geleer.

      Die veer op die aambeeld word dof. Japie snuif en vee oor sy nat oë, maar die veer bly swem.

      En as ek vir hulle moet sê hoekom ek en Ouboet op pad was nie­mandsland toe, sal hulle my in elk geval wegjaag. Miskien nog tronk toe vat, of sommer net hier op die plek doodskiet. Ek kan nie vir hulle sê hoekom ons niemandsland toe wou gaan nie.

      Watter kant toe niemandsland lê, weet hy nie. Hy weet dan nie eers waar Elders is nie!

      “Ek is alleen, Pa!”

      Hy probeer die trane nie meer keer nie, dit loop vanself.

      Dit is seker wat eensaam beteken: nie een wat saam met jou is nie!

      Niemand nie.

      Hy sak af op sy hurke, trek sy hoed oor sy oë. Dan ruk die snik van diep uit sy keel uit, dit storm warm deur sy arms, op oor sy gesig en by sy oop mond uit. Hy leun met sy kop teen die vuur­herd se muur. Kom moeitevol orent. Sluk sonder sukses en hy moet weer sluk aan die knop in sy keel.

      Eensaam. Japie alleen op die wêreld.

      Die hand op sy arm is koel en so sag dat hy dit aanvanklik nie agterkom nie. Nogtans kyk hy af. Die handjie is fyn en baie wit teen sy bruingebrande arm.

      “Hoekom huil jy?” vra sy reg by sy oor.

      “Ek huil nie.”

      Hy haal diep asem, hou dit ’n rukkie op, blaas uit en haal sy hoed af. Toe eers draai hy stadig om. Haar blou oë is laer as syne. Engela, onthou hy haar naam, haar lang hare is nie meer nat nie, dis nou droog en blink geborsel.

      “Lag jy dan?”

      Hy weet nie of sy spot nie.

      “Ek weet nie hoe om ’n slagveer te smelt nie,” sê hy dan en vee met die agterkant van sy hand oor sy oë.

      “Dis mos nie só erg nie,” troos Engela.

      Japie kyk na die slagveer op die aambeeld; sy kyk ook daarna.

      “Dis dan reg,” sê sy.

      “Dit lyk net so.” Versigtig skuif hy die twee dele van mekaar af weg. “Dit lyk net so.”

      “Patrys kan vir Windvoël gaan roep. Hy kan jou miskien help.”

      “Weet hy hoe?”

      “Ek weet nie of hy weet nie, maar hy sal jou help. Dis sy werk om te help.” Engela draai na Patrys toe. Hy het die maer mei­sie­kind nie eers opgemerk nie, maar nou sien hy haar soos ’n ska­duwee doodstil in die deur staan. “Patrys,” sê Engela dringend, “gaan


Скачать книгу
Яндекс.Метрика