Inboekeling. Hans du PlessisЧитать онлайн книгу.
tion>
Hans du Plessis
INBOEKELING
Tafelberg
The Village Blacksmith
Under a spreading chestnut-tree
The village smithy stands;
The smith, a mighty man is he,
With large and sinewy hands;
And the muscles of his brawny arms
Are strong as iron bands.
His hair is crisp, and black, and long,
His face is like the tan;
His brow is wet with honest sweat,
He earns whate’er he can,
And looks the whole world in the face,
For he owes not any man.
Week in, week out, from morn till night,
You can hear his bellows blow;
You can hear him swing his heavy sledge,
With measured beat and slow,
Like a sexton ringing the village bell,
When the evening sun is low.
And children coming home from school
Look in at the open door;
They love to see the flaming forge,
And hear the bellows roar,
And catch the burning sparks that fly
Like chaff from a threshing-floor.
He goes on Sunday to the church,
And sits among his boys;
He hears the parson pray and preach,
He hears his daughter’s voice,
Singing in the village choir,
And it makes his heart rejoice.
It sounds to him like her mother’s voice,
Singing in Paradise!
He needs must think of her once more,
How in the grave she lies;
And with his hard, rough hand he wipes
A tear out of his eyes.
Toiling,–rejoicing,–sorrowing,
Onward through life he goes;
Each morning sees some task begin,
Each evening sees it close
Something attempted, something done,
Has earned a night’s repose.
Thanks, thanks to thee, my worthy friend,
For the lesson thou hast taught!
Thus at the flaming forge of life
Our fortunes must be wrought;
Thus on its sounding anvil shaped
Each burning deed and thought.
Henry Wadsworth Longfellow
1
“Ek het heeltemal niks gesien nie, Oom, ek belowe Oom.” Verward, verwese en verdwaas; die donker oë dof van ’n bietjie verstaan en baie skrik.
Dis hoe die vreemdeling op ’n dag hier by ons op Hier aangekom het. Aan ’n riem. Van balans af op sy lomp voete, die slaprandhoed diep tot op sy bakore getrek, rooi in die gesig van die riem om sy nek. Sy swart baadjie uit lit uit geskeur, die driekwartbroek se soom hang, kuite en enkels wit, vuil en gekrap. ’n Groottoon rus rooi soos ’n moeë tong agter die gebarste lippe van ’n velskoen.
Vir ons gemeenskap was hy tot op daardie dag in die warm hoogsomer ’n inkommer, ’n totale vreemdeling.
Laat ek net eers verduidelik dat vreemdelinge op Hier nie juis algemeen is nie, maar as hulle ons die dag wel besoek, word hulle soos vroeë reën op die werf verwelkom.
“’n Mens wis nooit of dit altemit ’n engel aan jou poorte is nie,” sê die sieleherder altyd.
Daarom was die riem om die seun se nek ongewoon.
Met die ander punt van die riem in sy linkerhand het die bullebak selfvoldaan op sy skimmel bly sit en meerwaardig afgekyk op sy gevangene.
Omdat die bullebak Niklaas Opperman is, was onraad natuurlik glad nie uitgesluit nie, al was die patriarg van Hier Niklaas se oupa. Ek moet ongelukkig erken, min van ons Hierders sou iets negatiefs oor die bullebak rapporteer. Uit agting vir die patriarg, beslis nie uit liefde vir die bullebak nie, want vir die patriarg was die oudste kleinseun ’n foutlose gawe van Bo, en sedert ons vertrek uit die kolonie onder die Engelse uit was die patriarg die leier van die trekgeselskap, en deesdae is hy die gesiene besitter van Hier.
“Ek het niks gesien nie, Oom. Niks, Oom, niks.” Die vreemdeling se lippe het al blouerig begin word, maar die bullebak het klaarblyklik regverdiging vir sy handeling uit die vreemdeling se misplaaste aanspreekvorm geput. Die vreemdeling was opsigtelik nie veel jonger as die bullebak op die perd nie, maar dit was die soort eer wat Niklaas vir homself sou toe-eien. Niklaas Opperman was nog lank nie ’n oom nie.
“Niks van wat gesien nie?” snou Niklaas en gee die riem ’n moedswillige pluk. Die inkommer roggel effens.
Vir ’n minuut of wat bly die twee net so in die oop kol tussen die bome staan. ’n Duif koer in ’n hoë boom met groterige groen blare soos enige ander boom. Verder is dit net die eentonige getuit van sonbesies. Dit moet rondom twaalfuur wees, want die son skyn reg van bo af asof die hitte soos ’n medepligtige aspris gaan stilstaan het en moedswillig wag op iemand om die grillerige petalje in die oopte te skilder. Laer af, rivier se kant toe, bulk iets soos ’n seekoei.
“Dit is ons binneland dié, die beloofde land,” het die patriarg ’n jaar of ses gelede gesê, tevrede om hom gekyk, met sy velskoen se hak in die grond gekap, sy groot hand besitlik gewuif en die gebied tot sy eiendom verklaar: “Dit is ons laaste staning, ons het klaar getrek.”
Toe sien die patriarg dat dit goed was: digby vars water; volop hout vir vuurmaak, pale, wawiele en speke, en vir nuwe meubels. Tussen die rivier en die berge strek geil vlaktes vir saailande. Oordadige weiding op die vlak en in die klowe meer wild as wat ons gemeenskappie sou kon baasraak.
Toe span ons luidrugtig uit.
Dit was aand en dit was môre, en die patriarg het van die waens af ’n uur te perd in die vier windrigtings gestap, dorp toe gery en by die landdros Hier op sy naam laat aanteken.
“Maak hom los, jou boelie, jy wurg die vreemdeling. Los hom, nou, dadelik!” Sy buk vinnig onder ’n doring deur, té vinnig, en haar vaal manshoed haak vas. Met ’n argelose swaai van die kop en ’n grasieuse knak van die knieë loop die klein wipstert onder die hoed uit. Dit swaai nog ’n keer of wat soos ’n vlag aan die boom. Toe kom sy met hande op die heupe reg voor Niklaas se perd staan. “Hy het jou niks gedoen nie.” Die oë blits. Soos altyd as sy glo sy is reg, praat sy vinnig en hard. Dit weet Niklaas lankal, Maria Coetzee is nie ’n meisie wat trustaan nie, veral nie vir ’n man nie.
“Hy het julle afgeloer,” sê Niklaas. “Ek het hom self gesien.”
“Jy lieg, Niklaas, want dan het jy ook vir Engela afgeloer terwyl sy bad.”
“’n Mens kan mos sommer sien hy is ’n regte rondloper,” ignoreer die bullebak haar aantyging.
“Is jy nou skielik die landdros én die heemraad?” Sy gaan pluk haar hoed van die boom af en plak dit op haar kort, blonde hare.
Toe skuifel Engela Coetzee skoorvoetend die oop kol in. Haar hare nog nat slierte oor die skraal gesig, die neusie miskien net té skerp om vir almal