Эротические рассказы

Inboekeling. Hans du PlessisЧитать онлайн книгу.

Inboekeling - Hans du Plessis


Скачать книгу
die riem se punt by die weduwee en pluk die vreemdeling strompelend nader.

      Martiens knyp een oog toe en korrel om te sien wat sy seun bedoel. Toe trek Niklaas Japie aan sy verflenterde baadjiemou nog nader. “Waar vang jy dié?” vra die droëlewer en hoes.

      “Hy lyk vir my al na ’n weeskind, Pa.”

      “Praat jy, ou seun.”

      Japie glimlag net verdwaas met sy kop skuins soos wat die riem skaaf. Hy pluk darem sy hoed af en frommel dit in sy hande. “Mid­dag, Oom.”

      “Ons kan hom by die landdros op die dorp gaan inboek, Pa.”

      “Nee, man, hy is dan wit.” Martiens versit die pruimpie in sy kies en spoeg ’n bruin straaltjie in die kweek net links van die voordeur. Hy sien nie sy vrou wat agter hom in die deur kom staan nie, totdat sy aan sy skouer raak.

      “Met wie praat jy, Martiens?” vra sy. “Ek dag jy is aan die werk agter by onse voor?”

      “Ek was net op pad, Vroutjie, toe kom pla hulle my. Jy weet ek is al twee dae aan die voor grawe. Trantaal help net so hier en daar, ek moet maar self die graaf gryp.”

      Eers toe die vrou met die vol lyf by haar maer man in die deur verbyskuif, sien sy Susanna en die ander.

      “More, Susanna,” groet sy. “Ek wis nie ons het mense nie, of is daar moeilikheid?” Haar stem is diep. Hulle sê sy sit by die es in haar kombuis en pyp rook as sy alleen is. Die rooierige hare krul partykeer, vernaam as daar reën aan die kom is.

      “Nee, Liesbet, hier is nie moeilikheid nie. Dit lyk net of dié Japie-seun hier verdwaal het.” Die weduwee beduie met haar kop na die vreemdeling aan die riem. “Ons kom juis verneem wat ons met hom moet maak.”

      “Kom jy om te werk te soek?” vra Liesbet en loop op die kweek­stoepie uit.

      “Ek het nou nie so gemeen nie, Tante. Ek was eintlik op pad nie­mandsland toe. Ek en Ouboet.”

      “Nou waar is dié danige Ouboet nou; en jou slaapgoeterse?” vra Liesbet.

      Japie sluk, kyk grond toe en vee met sy verfrommelde hoed oor sy oë. Hy sluk weer. “Hulle het ons voorgelê, vir Ouboet dood­geskiet en ons perde en als gesteel.” Hy sluk.

      “Wie?” vra Martiens.

      “Ek weet nie, Oom, dit was in die nag. Toe ek ligdag soek, het ek net Ouboet onder ’n ghwarrie gekry lê. Perde en ons gewere was weg.”

      “En jou broer?” vra die weduwee.

      Vir ’n oomblik kyk die vreemdeling op na haar; hy knip sy oë voordat hy weer grond toe kyk. Sy stem is skor toe hy byna onhoorbaar antwoord: “Ek het hom toegepak met klippe sodat die diere hom nie vreet nie.”

      Net die sonbesies.

      “Ek sal ’n kontrak met jou aangaan, kos en klere en ’n paar riks­daalders ’n maand,” sê Martiens simpatiek en staan ook op die stoep uit.

      “Watse werk kan jy doen?” vra Niklaas.

      Japie dink ’n rukkie, toe helder die gesig op. “Ek het my pa altyd in sy smidswinkel gehelp. Ek ken ysters.”

      “Nou waar is dié danige smidswinkel?”

      “Op Elders, Tante.”

      “Waar is Elders?” vra Liesbet.

      “Ek weet nie, Tante, ek weet regtig nie.”

      “Hy staan sommer en lieg,” begin Niklaas.

      “Ek dink nogal nie hy jok nie,” sê die weduwee.

      “Jou oorle Pieter se smidswinkel het net so geloop staan, Susan­na.” Liesbet byt op haar onderlip asof sy diep dink. “Ek wil nie uit my beurt uit praat nie, maar ons makeer ’n deetlike ystersmid.”

      “Ek kort ’n kontrakwerker,” probeer Martiens tussenin, maar dit lyk nie of een van die vroue hom hoor nie.

      “Dis ’n saak vir oom Hermaans. Hy moet sê,” besluit Susanna. “Ons sal met hom moet gaan praat.”

      “Maak hom smid – dit is wat ons nodig het,” sê Martiens en moet na die stoepmuurtjie gryp toe hy die onderste trap mistrap.

      “My geweer het juis gebreek, Pa,” sê Niklaas en dit is asof hy die riem bietjie skietgee.

      “’n Geweerkolf se regmaak is nie ’n smid se werk nie.”

      “Ek weet, Pa, ek is nie meer ’n kind nie.”

      Om die hoek van die huis loer twee grys kappies en ’n rondebolhoedjie.

      “Is hier kuiermense, Ma?” vra klein Liesbet nuuskierig, en Trien­kie struikel giggelend agter die hoek uit toe klein Martiens haar vorentoe stoot. Die res van die droëlewer se kroos.

      ’n Hoenderhen skarrel kekkelend voor hulle voete uit toe die op­tog begin beweeg; die prosessie word al langer. Net Poon gaan nie verder saam nie, die perd het niks vir die patriarg te sê nie.

      5

      Die optog van die Hierders begin lusteloos van die droëlewer se kweekstoep af wegbeweeg in die rigting van die patriarg se huis, die enigste van die huise wat noord front. Nie dat dit in die winter veel help nie, want die wye stoep se grasdak skerm soos ’n deftige hoedrand oor die hele lengte van die huis. Dit rus op vyf veran­da­pale, groen geverf, en tussen die pale die houtreling heuphoogte, gekruiste sparre, groen en wit. Drie groot deure op die voorstoep uit, die middelste ene is dié uit die voorkamer. Regs die oumense se slaapkamer en links Windvogel se kamer sonder ’n binnedeur.

      Die optog vorder so moeisaam soos die hitte: die droëlewer, die bullebak, die vreemdeling met die riem om sy nek, Liesbet Opper­man, die weduwee Susanna Coetzee, haar twee dogters en dan Patrys. ’n Entjie agter haar loop die drie kleintjies en giggel agter bakhande. Dan Jakob die hond.

      Die middag is geel van die stil hitte waardeur die groepie aan­slof. Dit lyk kompleet of elke grashalm ’n vlammetjie son is wat brand, sonbesies huil van die hitte en geen voël waag dit in die lug in op nie. Die bome se blare hang uitgeput van vergeefs skadu gooi oor die warm grond.

      Die binneland voel ook nie aldag meer na ’n land van belofte nie.

      Hermaans Opperman moes die stoet sien aankom het, want net toe hulle voor die wye stoep tot stilstand kom, staan die patriarg soos ’n brandwag skielik in die middelste deur wat op die stoep uitloop. Hy bly ’n oomblik staan sodat sy oë aan die helder hitte gewoond kan raak. Dis nie dat hy huiwer nie. Die patriarg is nooit onseker nie. Toe lag hy kenmerkend hees, al kom die lag nie altyd tot by sy donker oë nie. Hy moet buk om sy lenige lyf onder die lae kosyn deur op die blinkgevryfde rooi stoep te kry. Die patriarg bly onderdak staan, asof dit enigsins koeler kan wees. Hy is ’n lang, skraal man, sy hare nog donker en langerig, sy baard effentjies grys, maar goed versorg. ’n Mens sou verwag hy moet gryser wees op sewentig. Sy bewegings is ook nog soos dié van ’n jonger man.

      “En dié nou?” groet die patriarg agterdogtig en beduie met sy kop na die vreemdeling.

      “Dag, Pa,” groet die droëlewer.

      “Dag, Oupa,” sê die bullebak.

      “Ek sien julle. Julle hou nie altemit julle eie vergadering nie?”

      “Nee, Pa.”

      “Ek het ’n rondloper gevang, oupa Hermaans.” Die bullebak hou trots die riem omhoog, en die vreemdeling moet sy nek skuins agter die riem se beweging aan rek.

      “Maak los die man, dis nie ’n dier nie,” beveel die patriarg.

      Martiens en Niklaas se hande raak byna deurmekaar soos wat hulle oorhaastig die riem om Japie se nek probeer loswoel.

      “Ek het gesê hulle moet die riem afhaal, oom Hermaans.” Maria Coetzee tree kordaat na vore. “Dis Niklaas wat die vreemdeling so moor.”

      “Niklaas


Скачать книгу
Яндекс.Метрика